Wednesday Words… with a Twist – Nellie Visagie Neem Wraak

Today is going to be a bit of a marathon. Lots of reading but a whole heap of fun, that’s for sure. Hester does a challenge over at her blog. Hester is South African and the challenge is for continuations of stories of which she posts the first instalment. These tales grow legs but there’s a catch… they’re all written in Afrikaans!

I have two first languages… English and Afrikaans… or, as some say, with my genealogical roots… Afrikaans and English! However, we’ve been living in Ireland for so long that my Afrikaans written language skills are very rusty. VERY. But… Afrikaans is such an expressive language that we use it as often as possible, me more so than the rest of the family.

OK… back to this challenge. Hester posted the beginnings of a tale a week or so ago… Nellie Visagie made an aborted attempt to flee her open door prison, forced upon her by the class divide. Hester asked her readers to take up the tale.

I left a comment… Nellie must return, temporarily, to her prison and put a better plan in place. Hester challenged me to write a piece… in Afrikaans… and post it. So, that’s what I did.

I wrote… and wrote and found, as I was writing that I was having a great time of it! So, I sent the completed tale to Hester who did the edit… spelling, tenses, typos… correcting my PC incorrect’s. So… after all that is said and done… here’s my continuation of Hester’s story. Set in the backwater by-waters of the South African rural hinterland… where church and snobbery still play massive parts in life among certain portions of the population.

I hope you enjoy the piece… if you want to translate, throw it into the Big G’s translator… I have done so to see if it retains some of it’s mirth… it does, to a degree. No… on second thoughts, no… the Big G’s translation is horrid… don’t go there. I’ll do a translation for another post… maybe tomorrow!

OK… before I give you my follow-up tale… here’s a photo, totally off topic but as this is a photo blog… a photo none-the-less!

Nellie Visagie Neem Wraak!

Net daar waar Nellie sit, met haar bas op die stowerige aarde, maak haar loskoppie ‘n bollemakiesie.

Sy laat weer ‘n verwoede f-woord stroom los. Die keer las sy ‘n paar van Tannie Krissie se ligaamsdele by.

“Vir jou gaan ek kry tannie… vir jou gaan ek kry. Ek weet nog nie hoe nie maar vir jou gaan ek kry.”

Sonder om nog ‘n oomblik te dink spring Nellie op.

“Bakkie… vir jou gaan ek ry… pap wiel of nie. Nes ek een van die dae vir liewe Tannie Krissie gaan ry… innie grond in!”

Sy laat los nog ‘n lekker knoop f-woorde, net so vir die wis en die onwis. Gelukkig is die ou bakkie min gepla met al die taal en nog minder gepla oor die straf wat gaan uitgedeel word. Nellie draai die bakkie versigtig om in die pad. Sy maak seker sy ry nie van die rand af nie. Nee, daar sal niks van die wal af in die sloot met haar gebeur nie. Sy gaan seker maak sy klim uit haar lewenssloot uit. Ja, vir Tannie Krissie en die ander spul Viljees gaan sy ‘n les leer terwyl sy ‘n manier kry on haar ontvlugting te bewerkstellig.

So vloek-vloek sukkel sy en bakkie terug plaas toe. Sy los die voertuig waar sy hom gekry het, agter die melkstal, waar al die oor-die-muur voertuie en implimente oorgelaat word aan die ellende. As sy nie pasop nie sal sy daar saam met hulle beland waneer haar dae om is. Sy wonder of die spul Viljees eendag vir haar ‘n ordentlike Christen begrafnis sou gee? Maak nie saak nie… sy sal nie hier wees om hulle die plesier te gee nie.

Weg, sy sal lank weg wees. Sy sluip by ‘n sydeur in. Niemand sal eers agterkom sy was ‘n rukkie weg nie. Sy wag ‘n paar oomblikke by die lang gang se deur om te luister. Alles goed… niemand in die huis nie… die spul is nog buite by die lapa. Braai en suip nou almal te lekker om agter te kom sy het ‘n draai gaan ry.

Nellie het vinnig ‘n draai gestap om haar steeldade ongedaan te maak. Die tas was die laaste daad. Sy het ‘n bietjie gesukkel om die grote ding weer bo in die kas in te prop maar ‘n paar sagte f-woorde later was die daad gedoen.

“Tas, vir jou kom ek weer binnekort haal, daaroor kan jy so seker wees soos ek hier staan.”

Gelukkig was haar kamer ver genoeg van die swembad en lapa om nie deur die geraas gepla te word nie. Sy het haar kamerdeur toegestoot en in ‘n hoop op haar bed neergesak. Net so het sy aan die slaap geraak, in ‘n uitgeputte bondel bene en arms. Haar rustelose slaap is nou en dan onderbreuk deur haar ma se spook…

“Dief… jy’s ‘n slegde dief. Skaam jou… dief!”

Nellie het haarself wakker geklap nog voor die sekelmaan agter die bosrand gesak het. Sy is badkamer toe in die halfdonker. Die gesnorkery uit meer as een kamer het getuig van die huishouding se gefuif die vorige aand.

“Ek hoop julle koppe ontplof en spat julle laaste paar breinselle die mure vol! Julle suiplappe… ek hoop julle babeleer vir die a-span vandag, en more… en oormore!”

Nellie het die duiwelssop vermy. Die laaste keer wat sy drank oor haar lippe gehad het was die keer to Chris Viljee haar probeer betas het. Hy het gedink hy kon haar dronk kry en misbruik soos hy lus was. Sy was te slim vir hom. Sy het badkamer toe gevlug en haar vinger in haar keel af gedruk om ontslae te raak van die drank.

Die hele klomp Viljees en die gaste wat oorgeslaap het is vroegoggend wakker. Die mans is geskeer en getooi daar weg, met die spul vroumense saam, in hulle beste Sondag pakkies, hoedens en al. Kerk toe. Ja-nee… die klomp is te heilig om ‘n kerkdiens mis te loop.

Goed so. Die leë huis het vir Nellie meer kans gegee om ‘n plan te maak. Nellie besluit sy sou ‘n draai deur die plek stap om te kyk wat klein genoeg was om saam te sleep op haar volgende onsnappings poging.

Haar ma se woorde het weer in haar kop gedraai… slegte dief! Maar… soos haar ma ook dikwels gesê het, die duiwel is listig. Dis toe op daai oomblik wat Nellie by Oom Esra se studeerkamer verby stap dat die einste duiwel aan haar torring om in te loer.

En dis toe net daar dat die plan homself maak en vir haar ‘n geleentheid bied wat sy nie kon laat verby gaan nie. Op die lesenaar lê Oom Esra se fênsie bakkie sleutels.

“Dom ou vent… laat dit vir hom ‘n les wees.”

Goed, dink sy… die keer sal sy ver weg kom. Sy sal in die ander rigting padgee, sodat die Viljees of ander dorpsmense haar nie maklik sou raakloop nie. Dis toe dat Nellie agterkom dat die groot familie portret teen die muur skeef hang. Dis toe dat Nellie weet haar dag het in al sy glorie aangebreek.

Die kluis. As die portret skeef hang moet die kluis oop wees.

Oom Esra moes seker met sy halfdronk lyf kom bieggeld haal het vir die kollektebord en in sy oomblik van swakheid vergeet het om die kluis te sluit.

Die slinkse duiwel, of die geluksgodin… wie help die meeste? Nellie gee die vraag omtrent twee sekondes aandag woor sy besluit sy gee in elk geval nie ‘n rot se agterwêreld om nie. Wie sou omgee as so ‘n persent vir hulle aangebied word… op ‘n goue skinkbord daarby? So van skinkborde gepraat, dink sy… ‘n paar silwerstukke sal moet saam met haar.

Judas se silwerstukke? Dief? Nee, sy besluit sy’s nie een van die twee nie… sy’s net bly dat sy uiteindelik kan ontsnap uit haar tronk uit. Nellie talm ‘n paar sekondes om dinge in oënskou te neem.

‘n Voertuig… en hopelik geld! Min kon sy weet, op daai oomblik, net hoe die duiwel se helpers haar te hulp gesnel het. Die bondels geld is netjies in die boonste rakkie van die kluis geplaas. Die groot bruin koevert op die onderste rak vereis egter haar aandag. Sy het die koevert versigtig uit die kluis gelig en gaan sit op Oom Esra se leerstoel. Die lewe wat die rykes as vanselfsprekend aanvaar. Om te dink… die ou man sit heel dag hier terwyl die hulp soos sy slawe rondhardloop.

Heel ingedagte haal sy die eerste foto uit die koevert uit. Dis eers met die tweede kyk dat sy agterkom wat sy in haar hand vashou.

“Hemel daarbo… my gebede is beantwoord!”

Sy help toe maar die sakie nog ‘n bietjie aan met ‘n jubelende string f-woorde.

“Die geluksgodin is vandag my grootste pêl!”

Sy grawe haastig in die koevert. Nog fotos. Dertien pragfotos. Net daar rond die plan homself af.

Nellie spring op. Sy krap rond in die laai, op soek na kleefband. Sy dra haar vondse eetkamer toe. Daar plak sy twee van die fotos oor twee van die mooiste familieportrette. Toe loop sy sitkamer toe en herhaal die proses. In die gang, op pad na die TV Kamer, plak sy nog ‘n foto.

“Laat ek sien, goed… ‘n paar in die TV Kamer en dan hoof slaapkamer toe.”

Daar gekom plak sy twee fotos oor die bedkassie-portrette. Een aan elke kant.

“Goed Nellie, nou hou jy vir jouself die ander fotos… vir die wis en die onwis. Nog een klein takie, dan kan jy pak en verkas.”

Terug in die studeerkamer skryf sy ‘n eenvoudige nota,

‘Julle sê niks nie, ek sê niks nie

Julle praat en die hele dorp sien die ander fotos.

Dankie vir julle vrygewige gebaar, ek aanvaar die geskenk!

Nou hoef Tannie Krissie nooit meer met my opgeskeep te sit nie.’

Twintig minute later draai Nellie links by die plaashek se kruispad, in die teenoorgestelde rigting van die dorp. Die Viljees sal nog ‘n hele paar ure op die dorp wees so sy het ‘n goeie kans om ver weg te wees wanneer hulle by die huis kom.

Sy dink soos sy ry. Haar lewe begin nou. Hoe ver sal sy ry voor sy ontslae raak van die bakkie? Kaap toe of Johannesburg toe? Soveel keuses. Die geld sal haar ‘n goeie ruk aan die gang hou. Keuses? Watter kant toe?

So in die ry steek Nellie haar kop vir ‘n oomblik by die oop venster uit en laat sy vir oulaas ‘n stroom f-woorde kwyt.

“Nellie Visagie, jy’s ‘n wonderkind! Net jammer jy sal nooit Tannie Krissie se gesig sien wanneer sy daai fotos sien nie… dink net, nie net Oom Esra nie, maar haar dierbare Chris ook… tussen daai naakte lywe… naakte manslywe!”

About aj vosse

Love life, live love... share life... share love!
This entry was posted in Family & Life, Fiction, Photography, Travel, Writing and tagged , , , , , , , , , , , , . Bookmark the permalink.

36 Responses to Wednesday Words… with a Twist – Nellie Visagie Neem Wraak

  1. Pingback: Blogkaleidoskoop Hoofstuk 10 Die groot besluit – toortsie.com

  2. perdebytjie says:

    Ek kom nou eers hier aan, AJ. Jy is ‘n goeie skrywer en jou weergawe van Nellie se storie is baie opwindend! Dankie dat jy ook nou in Afrikaans saam met ons deelneem. Jy vaar uitstekend!

    Like

  3. Pingback: Nellie Visagie Vat Die Langpad | Ouch!! My back hurts!!

  4. Pingback: Happy Monday! | Ouch!! My back hurts!!

  5. Hallo AJ – ons ken mekaar laaankal. Nellie in die vervolgverhaal is op die oomblik my verantwoordelikheid…

    Liked by 1 person

    • aj vosse says:

      Hallo Tannie… ek sal binnekort kom lees daar by jou. Ek het net so baie van hhar gehou dat sy met my kop gesmokkel het en aangedring het dat ek ook vir haar ‘n ou storietjie skryf… 😉

      Liked by 1 person

  6. Net Ek says:

    Bly ek kon jou raaklees!

    (te danke aan Hester natuurlik)

    Liked by 1 person

  7. Toortsie says:

    Wow! Wow! Wow!

    Like

  8. Ja/nee as mens so sleg grootgemaak is kan mens jou lekker uitleef. Nellie kan nou self n “madam” word en die klomp Viljees lekker terug kry. Die tante sal moet kom vloere skrop terwyl Nellie lekker sit en milk shakes drink!

    Liked by 1 person

  9. Murtagh's Meadow says:

    Will wait for translation!

    Like

  10. HesterLeyNel says:

    O, ek gaan hierdie een môre reblog by my sodat die ander bloggers jou kan leer ken – ek wil net die deelnemers kans gee om die laaste aflewering van die vervolgverhaal te lees en kommentaar te lewer. (Sien Seegogga se Bloggie https://seegogga.com/2018/07/24/le-jou-eier-bloguitdaging-kaleidoskoop-hoofstuk-4-paniek/ – sy het ook besluit om ons eers in te lig oor wat op die oomblik op die plaas aangaan.)

    Liked by 2 people

  11. HesterLeyNel says:

    Welgedaan! Vertel nou net vir ons – hoe voel dit om weer in Afrikaans te skryf? Jou styl is gemaklik, so ek dink nie die taal pla nie. Ons, aan die anderkant, steur ons nie veel aan typos en ‘n spelfout so nou en dan nie. Oorweeg dit asseblief om meer gereeld aan ons uitdagings deel te neem. Hulle duur gewoonlik een week, tensy dit ‘n vervolgverhaal is soos hierdie een wat oor ‘n tydperk van ‘n maand strek.

    Liked by 1 person

  12. travel460 says:

    Jy is ñ bo-baas skrywer, AJ! Goeiste, jy het omtrent dinge hier uitmekaar getorring en ñ interessante rigting laat inslaan.

    Like

    • aj vosse says:

      Pasop… jy gaan laat ek grootkop kry!
      Dankie… ja, Nellie se angste het veroorsak dat haar kop so ‘n bietjie uithak! Lekker pret! 🙂

      Like

  13. seegogga says:

    Sjoe maar sy is n giftige dingetjie, die Nellie! Welgedaan!

    Liked by 1 person

I value your 'likes' and comments, even though I don't always reciprocate, I care. Thanks for making the effort! God Bless!!

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.