Nellie Visagie Vat Die Langpad

Notes/ Notas:

  • This is episode two of my version of Nellie’s plight // hierdie is episode twee van my weergawe van Nellie se penarie.
  • Nellie is Hester’s creation, click here to read her first instalment and challenge // Nellie is Hester se skepping, kliek hier om haar eerste aflewering en uitdaging te lees
  • Today’s episode is the continuation of last week’s tale – my version// vandag se episode is die opvolging van laas week se verhaal – my weergawe.
  • There will be errors, please don’s shoot the messenger! // Daar sal voute wees, moet aseblief nie die drawwertjie skiet nie!

***

Nellie Visagie Vat Die Langpad

Nellie loer vir oulaas in die truspieël. Petrusburg se kerktoring raak al hoe kleiner in die bakkie se stofwolk.

“Goed so, ek is bly ek gaan jou nooit weer sien nie. Vir jou, mislike hoop vrot drome, en die spul Viljees en al die ander ryk sotte wat my so ‘n moelike lewe gegee het. Ek gun julle niks nie… net soos julle my niks gegun het nie.”

Sy loer weer in die spieël.

“Niks nie… weg is die laaste sigbare bewys dat ek ooit van jou geweet het Petrusburg. Weg!”

Tien minute later kom sy by die N8 kruispad en draai weer links. Lekker, dink sy… teerpad. Hou kan sy die bakkie ‘n bietjie harder druk en hoop die kontrei se spietkoppe hou ook langnaweek.

Kimberley is nie ver nie en sy besluit om die verbypad om die dorp te neem. Sy loer na die branstoftenk se inhoud.

“Goeie Oom Esra… jy’t vir my ‘n bakkie vol sous gegee! Hoe bedagsaam van jou!”

Sy druk ‘n paar stuurwiel knoppies… die aanboord rekenaar vertel vir haar sy kan nog 700 kilometers ry vordat sy diesel sal moet ingooi.

“Upington, hier kom ons…”

Sy ry die draai om die dorp tot sy by die N8 Upington kruispad kom,

“Oukei Nellie, nou is daar omtrent vier ure se ry voor, hou jouself wakker en pasop vir die vervlakse minibusse…”

Soos sy ry dink sy. Die plan om weg te breek van die Viljees het goed gegaan tot nou. Maar, nou begin sy wonder oor die wysheid van haar dade. Sal die Viljees haar sommer net so laat wegkom met die bakkie en geld? Sal Oom Esra haar vergewe? Sal hulle polisie toe gaan? Te veel vrae.

“Ek moet raad soek en daar’s net een plek waarna ek kan gaan. Boeta Gawie.”

Drie ure en dertig minute later stop sy in die Kalahari Mall se parkeerterrein. Sy haal die tas van die bakkie af en loop soek skuiling in die gebou. Daar gekom bel sy vir Gawie.

“Ja, dis ek. Nee, ek is hier in die Mall. Ek soek hulp. Ja, ek het weggeloop. Oukei… sien jou nou-nou”

Sy wonder wat sy vir Gawie moet vertel… of wat sy moet wegsteek. Miskien moet sy vir hom sê Oom Esra het haar gemolesteer… dis hoekom sy gehardloop het. Nee, eerder die waarheid. Hy sal beter raad te gee as hy weet presies wat sy aangejaag het.

Tien minute later voel sy baie veiliger. Na ‘n stywe druk en ‘n klapsoen op die wang weet sy haar besluit on na Gawie te kom was die regte een.

“Reg Nellie… kom ons soek ‘n plek daar by die Spur om te sit. Ek wil eers hoor wat aangaan voor ons huistoe. Ek dink jy mag wel ‘n bietjie innie kak wees, net ‘n bietjie.”

Sy haal diep asem en laat saggies ‘n knoop f-woorde los, so vir die wis en die onwis.

“Wat bedoel jy?”

“Nee sus… vertel eers wat se stront jy aangejaag het, dan praat ons verder.”

Nellie vertel vinnig die hele storie. Gawie se gesigsuitdrukkings wissel tussen verbasing en ongeloof maar voor sy kon klaar vertel bars hy uit van die lag. Sy wag vir hom om te bedaar voor sy die storie voltooi.

“Jy sal bly wees om te hoor ek het ‘n paar van die fotos gehou as belegging… net so vir in geval. Jy moet sien… wag, ek haal hulle uit die tas uit.”

Gawie se gelag het al die koppe in die Spur laat draai. Almal in die plek het hulle aangegluur, as of ‘n onwelkome malle hier in hulle midde verskyn het. So tussen sy gelag en gesnak na asem mompel hy boonop ook.

“Jy’s ‘n blêrrie ster sus! Jy’t hulle nou goed aan die knaaters beet, hulle sal nie maklik hul selwers uit hierdie hoop stront kan uitgrawe nie!”

Hy kyk weer na een van die fotos en begin weer lag.. gelukking heelwat sagter en meer beheerd.

“Oukei… sien jy daai een…”

Gawie vys na een van die foto se naakte lywe…

“Hy’s ‘n drek van die hoogste kaliber. Hy’s moeilikheid… groot moeilikheid. As daar een mens is wat Chris na sal gaan om hulp te soek is dit hy. Ons sal moet gou speel… voor hulle agterna kom.”

“Hoe weet jy die goed?”

“Nellie, ek’s ‘n privaat speurder… ek is al ‘n paar keer op sy spoor gewees… vir diamant smokkel. Net in geval jy wonder… waar dink jy het ons pa se broer aan sy rykdom gekom?”

Nellie kyk Gawie skeef aan… is hy besimpeled?

“Wat bedoel jy? Oom Esra is ‘n boer… hy hou skape en bokke aan.”

“Ja sus… dis wat hy nou doen om ‘n aanvaarbare lewenwyse en geloofwaardigeheid aan die wêreld te toon. Maar, daai plaas is gekoop met smokkel geld. Genoeg van Oom Esra en sy verlede, nou moet ons plan maak om jou basvelle en toekoms te beskerm. Waar is daai bakkie? En, ek wil jou selfoon ook hê.”

“Hoekom? My simpel ou domfoon is niks werd nie.”

“Nellie… hulle kan jou foon track, slimfoon of domfoon… gee die ding hier dat ek eers my nommer kan verwyder…”

Gawie maak seker daar’s geen manier vat Nellie se foon vinger na hom kan wys nie en gee die foon terug vir haar,

“Die oproep en SMS geskiedenis is ook skoongevee. Skryf neer die nommers wat jy wil hou… en gee die foon terug… met simkaart en al.”

“Dê… vat die ding… ek ken al die nommers uit my kop.”

“En die bakkie se sleutels… die bakkie is tien teen een toegerus met ‘n tracker, wat ons nou gaan gebruik om hulle van jou spoor af te gooi. Gee my ‘n paar minute om dinge te reel. Bestel vir ons kos, ek soek ‘n lekker duk steak… onder medium, met baie chips en slaai, en pepersous… dankie. Ek’s nou terug.”

Gawie los Nellie net daar en loop by die kompleks uit. Nellie steek haar arm in die lug en mompel iets oor die diens… of eerder, die afwesigheid van diens. Uituindelik sien een van die personeel haar en kom al glimlaggend aan.

“Naand dame, hoe kan ons help?”

“’n Bietjie diens om te begin… en twee van julle grootste, dukste steaks asseblief… g’n senings nie. Myne sonder chips maar gooi sommer my chips op die ander bord. Pepersous saam met die chips… ek soek net slaai.”

“Goed so.. en om te drink?”

“n Groot bottel water, en ys… en maak daai twee steaks net so ‘n bietjie onder medium… as hulle verbrand is gaan ek hulle in jou keelgat af prop, dit belowe ek jou!”

Die jong man se gesig bevestig dat hy verstaan… en dat hy ook nie juis wil moeilikheid hê nie. Hy draai om en loop lag-lag weg om hulle bestelling te gaan plaas.

Sy sit, alleen… en wonder, as Gawie vir een of ander rede nie sou terug kom nie, hoe sal sy regkom? Alleen in die wêreld… sonder rigting en sonder ‘n idee watter paaitjie om te kies. Sy bepeins ‘n minuut of wat haar lot en besluit sy is heeltemal tevrede. Haar toekoms rus in haar hande en met of sonder Gawie se hulp sal sy haar vryheid wen, alhoewel dit sal lekker wees as Gawie wel terug kom om haar ‘n hupstootjie in die regte righting te gee.

***

About aj vosse

Love life, live love... share life... share love!
This entry was posted in Writing and tagged , , , , , , , , , , . Bookmark the permalink.

23 Responses to Nellie Visagie Vat Die Langpad

  1. Nou het ek episode 2 ook gelees. Hoekom is jy nie deel van ons ander klomp se skrywery nie mmmm?

    Liked by 1 person

    • aj vosse says:

      Ek sukkel met die Afrikaans. Ons is nou al meer as 17 jaar in Ierland en voor dit het ek ook amper nooit Afrikaans geskryf nie.
      Ek lees ook swaar… my kop werk nie lekker nie… lig lisdexic!
      Maar… ek het van Nellie gelaaik… sy het vir my opdrag gegee om haar storie te vertel. Ek is op die oomblik by die huis en het ‘n bietjie meer tyd om te spandeer aan Nellie.
      Ek het Hester se uuitdaging aanvaar en nou worstel ek met die skrywery!
      Ek belowe… elke 1000 woorde op Afrikaans vat my vier keer langer as ‘n 1000 woorde in die vyand se taal! 😉
      MAAR, en hier’s die groot MAAR… ek geniet die uitdaging gate uit! So, so lank as Nellie haar storie met my wil deel sal ek aanhou… ons moet maar net wag en sien!
      Dankie weer! 🙂

      Like

  2. Pingback: Blogkaleidoskoop Hoofstuk 10 Die groot besluit – toortsie.com

  3. Pingback: Gawie Help Haar Spoor Weg Vee | Ouch!! My back hurts!!

  4. seegogga says:

    O nou raak die storie éérs interessant. Ek lees lekker aannjou storie.

    Liked by 1 person

  5. HesterLeyNel says:

    Wow! Hierdie Nellie vat nie kakkies van kaboutertjies nie. Ek hoop nie boeta Gawie het ook so ‘n skelmstreek weg soos sy sussie Nellie en sy oom Esra nie, maar hy is darem ‘n polisieman en hulle moet ‘n mens mos kan vertrou 😎 😜 Dis uitstekend AJ.

    Liked by 1 person

  6. perdebytjie says:

    Jou Nellie is nogal ‘n vrou met guts…ek weet nie hoe het sy so lank onder die verdrukking van daardie familie vasgebyt nie. Jou storie loop lekker, AJ.

    Like

  7. Toortsie says:

    Manne! Hier gebeur dinge! Mooi man! Ek hou hiervan.

    Liked by 1 person

I value your 'likes' and comments, even though I don't always reciprocate, I care. Thanks for making the effort! God Bless!!

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.