Gawie Help Haar Spoor Weg Vee

Notes/ Notas:

  • This is episode three of my version of Nellie’s plight // hierdie is episode drie van my weergawe van Nellie se penarie.
  • Nellie is Hester’s creation, click here to read her first instalment and challenge // Nellie is Hester se skepping, kliek hier om haar eerste aflewering en uitdaging te lees
  • Today’s episode is the continuation of last week’s tale – my version// vandag se episode is die opvolging van laas week se verhaal – my weergawe.
  • There will be errors, please don’s shoot the messenger! // Daar sal voute wees, moet aseblief nie die drawwertjie skiet nie!

***

Gawie Help Haar Spoor Weg Vee

Gelukkig hoef Nellie nie lank te wag voor Gawie terug is nie.

“Donner… ek is honger… ek neem aan jy’t bestel.”

“Ja boet… ek’s ‘n gehoorsame meisie, ek het gemaak soos jy beveel het.”

Raait… ek hoor jou. Ek dink Tannie Krissie dink ook jy’s die beste ding op twee bene. Oukei… nou kan ons begin kop of stert uitmaak hoe om jou verder gaan help.”

“Haai boet, wag ‘n bietjie… wat het van die bakkie geword? En… wat bedoel jy met hoe om my verder te help? Weet jy iets wat ek nie weet nie?”

“Die bakkie sal in minder as twee ure oor die grens in Namibia wees en wie weet, binne ‘n week of twee sal ‘n slim siel in Nigerië of Kameroen lekker heen en weer rits met Oom Esra se trots. Wat pla die bakkie se toekoms in elk geval vir jou? Jy moet eerder worrie oor jou blink toekoms.”

Hulle steaks daag op voor Gawie kon verder vertel maar so tussen monde vol vleis, skyfies en slaai gesels hulle lekker oor alles behalwe Nellie se lot. Toe die kelner hulle leë borde weg dra gaan Gawie voort met die gesprek.

“Oukei… wat gaan ons met jou maak? Ek kan jou nie huistoe neem nie… Chris en sy rowerbende sal binnekort aan my deur kom klop. My kuiergas is klaar daar weg. Ek het haar gebel toe ek uit is om vir Skeeloog Witbooi te kontak om die bakkie to kom haal.”

“Jy het ‘n keuse… ek neem jou na ‘n wildsplaas, ‘n veilige plek, wat die Engelsman ‘n safehouse noem, en jy byt ‘n paar dae daar vas of ek reël vir jou ‘n privaat vlug hier weg. Hier moet ons padgee. Dis ‘n klein dorpie die en ek wet jou Chris en sy pêlle het oral oë. Kom, ons verdwyn.”

Gawie los ‘n paar note op die tafel om vir die kos te betaal en lei vir haar in die righting van die klere winkels. By ‘n geslote deur pons hy ‘n rits nommers in die slot meganisme in. Hy stoot die deur oop en binne oomblikke is hulle by die volgende deur en toe in ‘n kantoor.

“Hier kryp ek weg. Hier is my toerusting veilig. Klomp sekuriteit… baie deure, baie slotte en grendels… CCTV en al die nodige maatreëls om my goed op te pas. Hier sal ons veilig wees tot ons besluit wat om met jou te maak”

Hy skakel ‘n skerm aan en oomblike later sien Nellie die buitewêreld verby gaan. Die skerm wissel tussen verskillende beelde. Hoeveel kameras het hy daar buite opgerig, wonder sy? Daar is tot beelde van sy huis en ‘n plaas opstal.

“Jinne boet, jy kan die hele kontrei sien van hier af. Die plaas? Is dit waar jy wil hê ek moet wegkruip? Lyk lekker…”

Gawie was op die punt om vir haar oor al die beelde intelig toe hy iets gewaar en die skerm vries op een van sy huis se kameras.

“Bliksems… dit het hulle nie lank geneem nie. Siedaar… twee van hulle by die agterdeur. Maar wag… hier’s ‘n klein verassingkie vir hulle…”

Hy druk ‘n paar knoppies en hulle hoor honde blaf… groot honde! Binne sekondes sien hulle die twee sluipers hardloop vir al wat hulle werd is… met drie Dobermans agterna.

“Dit sal hulle ‘n les leer… vuilgoed! Daai twee is deel van Chris en kie se spul… en hulle het nie lank gevat om te kom soek na jou nie.”

Nellie kyk hom verward aan. Wat op aarde het sy haarself voor ingelaat? Sy besef hulle kon haar al gevang het as sy nie na Gawie gekom het vir hulp nie.

“Hoe weet jy dit… hoe weet jy hulle is op soek na my?”

“Eenvoudig… g’n local sou waag om by enige van my persele in te breek nie… net dom-astrante vreemdelinge wat nie weet nie sal so stupid wees.”

Net toe lui sy selfoon. Hy gee die ding een kyk en antword.

“Ja… nee, ek weet nie waar sy is nie. Chris is ‘n bliksem… ja, ek weet… sê hom net mooi niks nie… nee, ek sal sorg dat jy vanaand Bloem to gevlieg word. Ja, pas jouself op. Moenie met hom kontak maak op daai foon nie… hulle sal jou hier opspoor en kan jy dink watse kak en hare dit sal afgee. Nee… wag daar, ek stuur iemand.”

Die keer is dit Gawie se beurt om ‘n string f-woords los te laat.

Die uitdrukking op sy gesig is genoeg om vir Nellie te laat weet daar is kak in die land.

“Wat gaan nou aan?”

“Nellie my ou sus… jy’t die pot behoorlik geroer. Dit was Klara… ja, moet my nie so aankyk nie, Klara Viljee. Ons sien mekaar nou al maande lank.”

“Maar ek dog sy’s op varsity… in die Kaap… en bygesê… sy’s familie, dan nie?”

“Nee, sy’s nie familie nie, sy’s aangeneem, en ja… sy is in die Kaap op varsity… ek vlieg haar omtrent elke naweek heen en weer… as ek nie soontoe vlieg nie. Anyway… sy’t ‘n SMS van Chris gekry… hy’t haar gevra of sy van jou gehoor het… want hulle dink jy’t gevlug in hierdie rigting… na my toe.”

“Weet Chris jy sien vir Klara?”

“Ons vermoed so… ons dink een van sy tjommies het my in die Kaap by die lughawe gesien toe sy my kom haal het… die wêreld het te klein geraak. Maak nie saak nie, ek dink dis tyd dat ek jou uit die dorp kry… ons kan nie te lank hier wegkruip nie.”

Gawie sluit nog ‘n deur oop en lei vir Nellie in ‘n pakkamer in. Sy hoor die deur agter hulle toemaan en die klank van sluitende slotte maak dit weer voor die hand liggend dat ‘n dief minder kaans hier sou hê as in die Staatsmunt. ‘n Vuil, modderbespatte bakkie is al wat in die pakkamer te siene is. Gawie maak die laaibak luik oop en gooi die tas in.

“Stadig met daai tas… my hele lewensbestaan is daar binne.”

“Klim sus… on moet waai.”

Nellie klim in en besef dis nie ‘n standaard bakkie nie. Die ruite is almal verdonker. Die motor brul aan die lewe nog voor sy die deur kan toe kry. Gawie skakel die video monitor aan en hulle sien alles is stil buite in die straat. Hy druk ‘n paar knopies en die staal roldeur begin lig. Gawie laat die bakkie stadig voorentoe kruip maar hy maak nie die buitedeure oop voordat die roldeur weer agter hulle toe is nie.

“Vrek Gawie… dis erger hier as op ‘n hoë sekuriteit militere basis, staal deure, elektroniese slotte… kameras ooral, mens sou sweer jy verwag oorlog.”

“Nellie, ek speel nie met kinders nie… ek moet op my hoede wees, ten alle tye. Hoe dink jy bly ek aan die lewe?”

Die groot staal buitedeure begin oopmaak,

“Maak jouself klein… oppie vloer met jou. Ek kan nie waag dat iemand jou dalk sien nie.”

Nellie gee hom ‘n vuil kyk,

“Ja, ek weer die vensters in donker maar die voorruit is nie donker genoeg dat iemand nie sal sien daar’s ‘n passesier in die bakkie nie. Maak soos ek sê… net tot ons uit die dorp is. Jou basvelle… nie myne nie!”

“Oukei… maar waarheen is ons nou in elk geval oppad heen?”

“Nou Nellie… nou ry ons plaas toe, die safehouse wat ek jou van vertel het. Maar, voor jy beswaar maak, laat ek eers reel dat Klara gehaal word.

Nellie luister hoe Gawie, so in die ry, oproepe na ander maak. Vir die een sê hy dit… vir die ander dat. Hoe verder hulle ry hoe meer besef sy dat hy eintlik in beheer is van ‘n groterige organisasie. Hy is nie meer ‘n gaatjie in die grond nie, nee… haar broer is nou ‘n groot man. Toe hy klaar is met al die reëlings rig hy weer sy aandag in haar rigting.

“En, net so terloops… Klara moet Bloem toe want Tannie Krissie het blykbaar onwel geraak, nie lank na die spul Viljees van die kerk af by die huis gekom het… ‘n beroerte of ligte hardaanval gehad…”

Gawie gee haar ‘n skewe kyk voor hy lag, lag vra,

“Ek wonder hoekom?”

***

About aj vosse

Love life, live love... share life... share love!
This entry was posted in Writing and tagged , , , , , , , , , . Bookmark the permalink.

17 Responses to Gawie Help Haar Spoor Weg Vee

  1. Pingback: Die Verlede en die Hede | Ouch!! My back hurts!!

  2. seegogga says:

    Hierdie broeder klink baie gevaarlik. Kan Nellie hom vertrou?

    Like

  3. HesterLeyNel says:

    Aha, nog ‘n bietjie romanse. Kan Nellie haar broer vertrou – hy begin dan nou klink na ‘n ou skelm? Stille waters, diepe grond, onder draai die duiwel rond. Dis uitstekend AJ, die spanning bou op.

    Liked by 1 person

  4. perdebytjie says:

    Sjoe AJ…hierdie storie raak nou lekker spannend!

    Liked by 1 person

I value your 'likes' and comments, even though I don't always reciprocate, I care. Thanks for making the effort! God Bless!!

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.