Die Verlede en die Hede

Notes/ Notas:

  • This is episode four of my version of Nellie’s plight // hierdie is episode vier van my weergawe van Nellie se verhaal.
  • Nellie is Hester’s creation, click here to read her first instalment and challenge // Nellie is Hester se skepping, kliek hier om haar eerste aflewering en uitdaging te lees
  • Today’s episode is the continuation of last week’s tale – my version// vandag se episode is die opvolging van laas week se verhaal – my weergawe.
  • There will be errors, please don’s shoot the messenger! // Daar sal voute wees, moet aseblief nie die drawwertjie skiet nie!

***

Die Verlede en die Hede

‘n Paar minute later is hulle ver genoeg van die dorp af vir Nellie om haarself uit die voetruimte wegkruip plek te bevry.

“Vrek, dit was nie te gemaklik in daai klein gaatjie nie.”

Haar diep sug vertel meer as wat sy wou laat weet… die lang dag en al die nuwe ervaringe het skierlik te veel geraak om op daai tydstip te hanteer. Gawie gee haar ‘n paar oomblike om te besin voor hy annmoedigend vluister.

“Jy’s pootuit… ek dink jy het ‘n goeie nag se rus nodig. Maak toe jou oë, slaap as jy kan en moenie worrie na waar ons nou oppad heen is nie. Ek sal jou wakker maak wanneer ons op die plaas aankom.”

Nellie het nie twee keer gedink oor Gawie se voorstel nie. Sy was vas aan die slaap voor Gawie weer kon loer in haar rigting. Gawie het haar wakker gemaak toe hulle op die plaas aankom en haar reguit na ‘n slaapkamer gelei. Hy het die deur toegetrek na hy iets gesê het van sy moes slaap to sy nie meer kon slaap nie. Daar was geen haas iewers heen nie en hy sou reg wees om te gesels wanneer sy uitgerus was.

Nellie het verward wakker geskrik en moes ‘n hele paar keer haar oë knip voor sy kon uitwerk wat aangaan. Sy’t gou gestort en rond gekrap in die tas vir ‘n vars stel klere voor sy vir Gawie loop soek het. He was buite, in die stoep kombuis, besig om ontbyt te maak.

“Aha… ons slapende skoonheid het lewe gekry. Hoe voel jy?”

“Goed, heel goed, dankie. Reg vir die uitdagings wat dag twee van my vryheid gaan bied. Kan ek help?”

“Nee… gryp ‘n stoel en sit… ek is amper klaar.”

Hulle gesels oor dit en dat… ‘n bietjie oor die plaas en ‘n bietjie oor die weer. Nellie is bly Gawie bly weg van die verlede maar dis nie lank voor hy vra nie.

“Terwyl ek besig is met die kos, vertel my hoekom jy nou eers kom hulp soek het. Ek bedoel… as jy so ongullikig by die Viljees was, wat het jou verhoed om vroeër te vlug?”

“Dis eenvoudig… Oom Esra het my belowe hy sou betaal om vir my varsity toe te stuur… maar ek moes wag dat Klara eers klaar swot. He’t gesê hy het nie geld om ons altwee terselfdetyd te onderhou nie. Ek het hom geglo… maar nou wonder ek of dit ooit sou gebeur het.”

Gawie kyk haar stip aan. Hy roer die eiers vir oulaas en skep op. Spek, wors, gebraaide sampieone, tamaties en die eier. Hy wys na die koffie pot en gee haar bord aan voor hy sit om te eet.

“Dis lekker sterk moer koffie, as jy wonder. Eet klaar, dan praat ons verder.”

Gawie kan homself nie weerhou nie… hy vra so tussen die etery.

“Sus… hoekom wou jy daar bly en wag dat hulle vir jou betaal om te gaan swot? Het jy nooit gedink hulle sal nie hulle beloftes hou nie…  jy was Tannie Krissie se geliefde huishulp… sy sou nooit laat jy wegkom nie.”

Nellie het nie dadelik geantwoord nie. Sy was te verlee om te erken sy het ‘n vout gemaak om by die Viljees te bly. Sy moes eers verwerk wat aangaan en dan besluit of Gawie se hulp beter sou wees as die wat die Viljees belowe het. Ja, besluit sy, Gawie sou haar help om haar foute reg te stel en haar lewe koers te laat kry.

Nellie maak soos sy altyd doen as die lewe druk… sy laat los ‘n knoop f-woorde, alhoewel sy weet die lewe druk eintlik nie te veel nie. Gewoontes… nie maklik om sommer net so van ontslae te raak nie, veral die slegtes!

“Gawie, kom ons sê net ek was dom-onnosel, oukei? Kom ons sê ek was vasgevang in ‘n lewenstyl wat my nie veel kans vir ontvlugting gebied het nie.”

“Jy kon lankal na my gekom het vir raad of hulp.”

Nellie kyk vir Gawie op en af. Sy wonder of sy moet loslaat of eerder haar tong byt, soos sy geleer doen het van jongs af. Tong byt Nellie, moenie nou al vir Gawie moerig maak nie… gee kaans.

“Oukei… ek sal ophou torring aan jou. Jy’s nou hier en dis al wat saak maak. Het jy klaar geëet… oukei, kom saam… ons gaan studeerkamer toe. Ek wil kyk wat in die buitewêreld aangaan.”

Nellie bly sit ‘n rukkie langer… en mompel, terwyl sy ‘n woordtjie met haarself wissel… Nellie… hou jou bek en en luister… die man is jou broer en wil help… hy’s nie ‘n Viljee nie!

Sy loop soek na Gawie en kry hom waar hy staan voor ‘n muur skerms die buitewêreld en bestaar.

“Sjoe Gawie… jy kan omtrent die hele wêreld van hier af sien. Upington, die Mall, jou huis, jou kantoor… en oop vlaktes en paaie. Waar is ons in elkgeval?”

Gawie wys na een van die skerms terwyl hy staan en knoppies druk. Hy het ‘n afstandsbeheerer in elke hand en wissel tussen twee van die skerms. Nellie vermoed sy kyk na beelde van die plaas waar hulle nou te vinde is.

“Hoe goed was jou aardreikskunde op skool? Ons is in daai punt van die Noord Kaap wat uitsteek na bo… omtrent ewe ver van Namibia en Botswana. Sien jy… hier op die skerm… daar’s net een half oordentlike vier-by-vier paaitjie hierna toe.”

Gawie wys na die beelde van hekke en draade en grontpaaie. Die skerm flikker weer om ‘n landskaart te wys. Hy trek ‘n streep al langs die paaitjie… van die R31 af tot by die plaasgeboue.

“Goeiste… ons is nou rêrig in die middel van nêrens. Hoekom hier? Wat soek jy hier?”

Nellie staan en staar na al die beelde. Dis vir haar vreemd om te dink dat daar so baie kameras daar buite moet wees. Ouboet hou rêrig ‘n oogie op die omgewing. Big Brother? Sy wonder of daar iets onheilspellend aan die gebeur is?

“Nellie… hier is ons veilig. Soos ek gisteraand gesê het… dis ‘n safehouse die. Ons het die plaas gekoop en toegerus om mense te beskerm wanneer ons nodig het om iemand weg te steek.”

“Ons?”

“My maatskappy. Ons bied nie net speurdienste aan nie. Ons beskerm voortvlugtendes. Gewoonlik die wat bang is om na die korrupte staats dienste te gaan.”

Nellie kyk hom aan, die bewondering sigbaar. Haar ouboet, hoekom ontdek sy die dinge nou eers?

“Jy’t goed gedoen vir jouself. Het jy hulp gekry by iemand?”

“Ja en nee… ek het van skooldae af belang gestel in rekenaarprogrammering. Ek het baie dae in die skool en dorps biblioteke deur gebring. Die mense daar het my naderhand geken en as ek ‘n boek of boeke gesoek het, het hulle dit vir my gereël. Baie nagte voor die boeke… tot ek net na metriek kon inloop by ‘n besigheid in Upington en my dienste aanbied. Hulle het kak betaal maar hulle het my toegelaat om te leer en dinge sommer van vroeg af op my manier te doen.”

Gawie wys weer van skerm na skerm en loop na ‘n geslote deur. Hy maak die deur oop en wys vir Nellie die rye rekenaar bedieners. Nellie voel hoe ontsnap die koel lug by die deur uit en verstaan hoekom Gawie die deur weer toestoot.

“Ek weet boggeral van al daai goed nie maar hoe het jy van daai begin dae gevorder to waar ons hier staan?”

“Dit was eintlik ‘n bietjie van ‘n gelukskoot. Een van die direkteure by daai eerste job het gevra of ek na-ure kon ‘n kamera en rekenaar stelsel integreer… op sy plaas. Dit was die begin van baie sulke navrae. Ons het gou besef die mark is ryp vir stelsels wat ons kon integreer en bemark. Nou het ons mense in drie van die grooter dorpe in die Noord Kaap en Vrystaat en ook in Bloem en Jo-burg. Baie van wat jy hier sien is my toetsmodelle. My navorsing is altyd aan die gang.”

Nellie gee hom een van haar moedelose kyke… blêrrie hel… hy was erg besig om met haar kop te smokkel.

“Maar… jy’t gesê jy’s ‘n speurder… hoe kom jy uit by speur werk as jy met rekenaars en stelsels speel?”

“Maklik.. ek het ‘n paar kursusse geloop… elektroniese toesig maak dinge deesdae interesant… en mens moet ten alle tye weet wat die wet sê. Ons het drie prokureurs wat voltyds vir ons werk. Daars veiligheid, sekuriteit… lug en land elektroniese toesig… beskerming… en alles wat met die hele bedryf gepaard gaan. Daar’s een ding wat ons onderskei van al die andere… ek skryf die programkode… niemand anders nie.”

Nellie los ‘n knoop f-woorde. Sy is nou al so verward soos ‘n verkleurmannetjie op ‘n smartiedoosie… sy wil nie meer hoor van al die tegnologiese ontwikkelinge nie. Sy wil eerder hoor of Gawie haar gaan help om ‘n plan te maak met haar toekoms planne.

Sy vra met ‘n klein ou stemmetjie… so klein dat Gawie begin lag.

“Gawie… waarheen nou?”

“Skuus sus… kom… ons loop sit buite… en dan praat ons oor jou toekoms… en of ek rerig kan help, en of jy die hulp wil aanvaar… die keuse is joune.”

***

Advertisements

About aj vosse

Love life, live love... share life... share love!
This entry was posted in Daily Photo's and Chit-chat, Writing and tagged , , , , , , , , , , , , , . Bookmark the permalink.

16 Responses to Die Verlede en die Hede

  1. Pingback: Alles Wat Blink? | Ouch!! My back hurts!!

  2. Toortsie says:

    Sjoe! Hier is ‘n meneer van ‘n storie aan die ontwikkel.

    Liked by 1 person

  3. seegogga says:

    Sjoe jy KAN skryf en jy het n lekker verbeelding. Miskien eord hierdue nog n regte boek! of ‘n fliek!

    Liked by 1 person

  4. HesterLeyNel says:

    Encore! Jou brein is nou eers besig om los te brand. Jong, kan Nellie hierdie Gawie-klong vertrou? Ek weet hy’s haar broer (ek het met drie broers grootgeword en dis wat my bang maak!). Ek sal seker maar moet wag en sien. Dis baie goed AJ, ek hou van jou skryfrigting.

    Liked by 1 person

  5. perdebytjie says:

    Vir ‘n Ier, skryf jy uitstekend, AJ!

    Like

I value your 'likes' and comments, even though I don't always reciprocate, I care. Thanks for making the effort! God Bless!!

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.