Alles Wat Blink?

Notes/ Notas:

  • This is episode five of my version of Nellie’s plight // hierdie is episode vyf van my weergawe van Nellie se verhaal.
  • Nellie is Hester’s creation, click here to read her first instalment and challenge // Nellie is Hester se skepping, kliek hier om haar eerste aflewering en uitdaging te lees
  • Today’s episode is the continuation of last week’s tale – my version// vandag se episode is die opvolging van laas week se verhaal – my weergawe.
  • There will be errors, please don’s shoot the messenger! // Daar sal voute wees, moet aseblief nie die drawwertjie skiet nie!

***

Alles Wat Blink?

“Jy lus vir ‘n bier? Ek kan doen met een… of twee, siende dat ek jou hantjie moet vas hou, mag ek net so wel die beste van die saak maak.”

Gawie is in ‘n terg bui en Nellie besef dit. Hy hoef nie hier te wees nie… hy kan haar allen los todat sy besluit watter paatjie om te kies. Nellie glimlag en knik haar kop. ‘n Bier of twee sal nie skade doen nie… veral hier waar sy weet daar sal nie grypende hande wees nie. Sy kyk in die rigting van die swembad maar sy weet daar’s nie ‘n kostuum in daardie geleende tas nie.

Gawie grinnik… hy vermoed wat in Nellie se kop aangaan.

“Jy’s lus vir swem maar het nie ‘n swembroek nie? Dit laat jou twee keuses… of kaal of gaan soek in daai kamer waar jy slaap vir iets om te dra. Ons kry dikwils gaste en maak voorsienning vir alle smake. Alles nuut, in die kas naaste aan die stortkamer. Ek gaan haal bier en biltong… jy gaan kies vir jou ‘n outfit.”

Tien minute later is Nellie terug. Gawie se gevluit, toe hy haar sien, laat haar senuweeagtig lag. Die keer is dit hy wat ‘n paar f-woorde kwyt raak.

“Goeiste… as jy nie my suster was nie het ek net hier ‘n date gemaak! Hot! G’n wonder die spul Viljees is so jaloers nie. Dis heeltemal duidelik dat jy ‘n model hoort te wees! Al hulp wat jy van my nodig het is ‘n dubbel-loop haelgeweer…”

Nellie maak asof sy geskok is… hand oor haar half oop mond… in oënskynlike verbaasing. Hy fluit weer en gee ‘n bier aan. Yskoud… lekker.

“Mansmense… julle is almal die selfde… soek net een ding by ‘n meisie. Hoekom dink jy dat ek altyd lospassende klere dra? Julle verdomde mansmense maak ‘n meisie se lewe moeilik.”

Hulle lag lekker saam, heeltemal gemaklik met mekaar se geselskap.

“Oukei… genoeg van die geskertsery. Swem jy ‘n rukkie, ek moet ‘n paar oproeppe maak. Kom soek my wanneer jy moeg raak vir die water. Dan praat ons…”

‘n Uur later is Nellie weer in die kantoor waar Gawie sit en werk. Sy sien die verskillende beelde op muur vol skerms. Gawie sien haar en sit terug in sy leerstoel. Hy wys na een van die leunstoele langs sy lessenaar.

“Gryp ‘n stoel, maak jouself gemaklik. Ek moet sê, nou dat ek jou in ‘n bikini gesien het, het ek ‘n idee om oor te gesels. Wat weet jy van diamante?”

Nellie huiwer, sy kan nie besluit hoe om die vraag te beantwoord nie. Verwys hy na die Viljees en hulle smokkel diamante of is dit ‘n meer algemene vraag? Sou Gawie haar probeer pootjie met ‘n strikvraag? Sekerlik nie?

“Kom aan sus… dis nie ‘n moelike vraag nie. Behalwe wat jy op skool geleer het van diamante… weet jy meer van die klippies, of nie?”

“Nee… ek dink meeste mense weet maar bitter min van diamante af. Miskien leer hulle so nou en dan iets maar behalwe dat hulle blink en duur is, weet ek nie juis enige iets verder nie. Hoekom, is daar iets wat ek moet weet?”

“Die vraag is, wil jy meer weet?”

Nellie wonder waarheen die gesprek op pad heen is. Gawie en sy raaisels… hy is besig om haar te verwar.

“Ek wonder net wat ek en diamante op die oomblik in gemeen het?”

Sy skud haar kop en giggel haar klein dogtertjie laggie. Mansmense… hoekom probeer hulle ‘n vroumens of vasvra of vaspen? Gawie merk die verwarde uitdrukking en lag.

“Moenie worrie nie sus, ek sal verduidelik. Kyk daar, na die boonste skerm, links… ek wys vir jou ‘n ou foto*… Louise Brooks, ‘n filmster… geneem in die jare 20… amper ‘n honderd jaar gelede.”

“Sjoe… sy’s mooi… kyk al daai pêrels! Sjoe, dis ‘n treffende foto. Ek sou nooit gedink het daar was fotos van sulke mooi mense so lank gelede nie.”

Nellie neem ‘n blaaskansie en kyk hom stip aan. Dis hier waar sy nou moet besluit watter kand toe.

“Oukei… diamante… en ek, en ‘n foto… hoe las jy die drie bymekaar?”

“Maklik… as jy belang stel… leer jy van diamante. Dan, as jy nog belang stel… word jy ons handels ambassadeur… en, as jy nog belang stel… neem ons hope fotos van jou en jy word wêreldwyd bekend… maar, dis natuurlik net as jy belang stel…”

Hy knipoog vir haar… en sê nie ‘n woord verder nie. Die aas is aan die hoek. Nou sal hy wag om te sien of die vis byt. Hy staan op en loop kombuis toe om iets te ete te soek.

“Jy lus vir ‘n braai? Ek’s seker ons kan iets bymekaar gooi om van ons hongerpyne ontslae te raak. Ek het vroeg oggend vir Skeeloog gebel om vars kos te bring. Hy behoor binnekort hier te wees met lekker duk steaks, tjops en wors… en ‘n slaaikop of twee. Ek dink ek pak soland vir ons ‘n vuur aan.”

Nellie loop stadig agterna. Sy sukkel ‘n bietjie om te verstaan wat Gawie beplan en hoe sy hom moet antwoord. Te veel, te gou… inligting en keuses. Diamante? Watter kant toe nou? Ja of nee? Gawie moes weet dat Skeeloog omtrent by die plaashuis is en sy besluit om the wag dat hy weer waai voor sy vra vir meer inligting. ‘n Ruk later, om die braaivuur waag Nellie ‘n vraag,

“Gawie, mag ek vra… hoekom diamante?”

“Aha… daar’s uiteidelik ontwaking!”

Hy draai die vleis ‘n laaste keer op die rooster om.

“Reg, gee aan jou bord, kry jou kos voor ek die goed verbrand.”

Gawie steek sy hand in sy sak en haal ‘n klein leersakkie uit. Hy wag tot hulle aansit by die tafel voor hy die sakkie se inhout versigtig laat uit rol. Nellie tel die klippies soos hulle een vir een te voorskein kom,

“Een, twee… drie, vier… vyf ses sewe… agt… nege… sjoe… hoeveel is in daai sakkie?”

“‘n Gelukkige dertien. Dertien van die mooiste blink klippies… genoeg om jou ‘n paar jaar aan die lewe te hou… as jy belang stel. Het jy al ooit ‘n ongeslypte diamant vas gehou? Tel hulle op, een vir een… bekyk hulle… voel hulle. Proe hulle, as jy wil. Net nie insluk nie… anderste loop ek vir twee dae agter jou aan met ‘n sakkie!”

Hy bly stil en hou haar dop. Sy begin, eers huiwerig en dan met al hoe meer vertroue… en energie. Hy hou veral haar oë dop want hy weet dis die oë wat gewoonlik verklik of ‘n mens en ‘n diamant mekaar verstaan. Hy sien die vonkel in Nellie se oë. Hy sien hoe die klippies oorneem… hoe hulle haar weg lei na ‘n ander plek toe. Ja, Nellie en diamante is gemaak vir mekaar, daarvan getuig haar hele gelaat en houding. Sy’s getoor… met die klippies getoor! Gawie bly stil, hy los haar en die diamante om mekaar te vind. Sy sal praat wanneer sy reg is om die wêreld weer aan te pak.

NS – *Kyk na die foto in die skakel… dit is die foto wat Gawie vir Nellie gewys het!

***

The photo has no relevance… I just add one for effect… and because this is a photo blog…

About aj vosse

Love life, live love... share life... share love!
This entry was posted in Daily Photo's and Chit-chat and tagged , , , , , , , , , , , , , , , . Bookmark the permalink.

10 Responses to Alles Wat Blink?

  1. Pingback: Nellie Besluit – Is Haar Toekoms Blink? | Ouch!! My back hurts!!

  2. perdebytjie says:

    Klink vir my na ‘n skelm besigheid! Wag in spanning op die vervolg.

    Liked by 1 person

  3. Toortsie says:

    Nellie, Nellie, hoe neig jy dan so al na die moeilikheid se kant toe?

    Like

  4. HesterLeyNel says:

    🎵 Diamonds are forever 🎵 🎵 Is Gawie se besigheid legit? Hoekom kan ek net nie die man vertrou nie? Maak dit saak? – almal steel deesdae – dis die nuwe kultuur. Ek kan nie wag vir die volgende aflewering nie.

    Like

I value your 'likes' and comments, even though I don't always reciprocate, I care. Thanks for making the effort! God Bless!!

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.