Nellie Besluit – Is Haar Toekoms Blink?

Notes/ Notas:

  • This is episode six of my version of Nellie’s plight // hierdie is episode ses van my weergawe van Nellie se verhaal.
  • Nellie is Hester’s creation, click here to read her first instalment and challenge // Nellie is Hester se skepping, kliek hier om haar eerste aflewering en uitdaging te lees
  • Today’s episode is the continuation of last week’s tale – my version// vandag se episode is die opvolging van laas week se verhaal – my weergawe.
  • There will be errors, please don’s shoot the messenger! // Daar sal voute wees, moet aseblief nie die drawwertjie skiet nie!

***

Nellie Besluit – Is Haar Toekoms Blink?

Nellie kyk uiteindelik op. Sy plaas versigting die dertien stene terug op die tafel… asof hulle sal breek as sy nie pasop nie. Gawie glimlag. Ja, sy is getoor. Die klippies het haar. ‘n Goeie teken vir hulle altwee.

“Waar kom jy aan al die diamante? Smokkel jy ook?”

“Nee sus, ek is ‘n versamelaar… wel, soort van. ‘n Paar jaar terug het ‘n Oranja Rivier boer by my kom hulp soek. Hy het ‘n paar mynkonsessie bewerk langs die rivier. Alles wettig. Sy probleem, ‘n klomp boewe het gereeld in die nag die rivier oorgesteek en kom krap in sy gruishope.”

“Maar… hulle kon seker nie in die nag veel skade doen nie? Hy kon hulle sekerlik keer… of jaag?”

“Dis waar sy probleme begin het. Hy het net een helper gahad en die was kop-en-een mis met die diewe. Hulle het hom betaal om vir hulle die beste gruis uit te wys.”

Nellie hou haar hand in die lug om hom te stop, sy kyk hom verward aan,

“Wat se gruis praat jy van?”

“Wag, laat ek ‘n bietjie verduidelik. Willie het ‘n klein onderwater dredger gebou met ‘n ou enjin en pype… eenvoudige maar doeltreffened, as mens weet hoe. Dan het hy in die dag geduik en gruis van die rivierbodem gesuig. So het hy hopies op droë grond opgestapel. Kom kantoor toe, dan wys ek jou hoe die stelsel werk.”

Nellie spring opgewonde op,

“Ja… ja… ek wil leer van al die goed!”

Gawie glimlag breed… ja, die gogga het gebyt, daarvan is hy nou 200 persent seker. Nou weet hy hy kan met gerus belê in haar toekoms. In die kantoor wys hy vir haar ‘n paar kort videos en fotos. Toe hy seker is dat sy ‘n beter verstandhouding het oor die toerusting en baggermetodes knipoog hy vir haar,

“Sien, nes ‘n groot onderwater stofsuier… harde werk maar dit betaal goed… as ander nie mens se gruis in die nag wegdra nie!”

“Kwaai… nou weet ek hoe die klippies uit die rivier gesuig word… maar, hoe het jy gehelp? Wat kon jy doen?”

“Ek en die boer het ‘n ooreenkoms bereik. Ons het toe nog net vermoed sy helper was betrokke met die spul vuiles. Willie, die boer, het besluit om op vakansie te gaan… en om sy helper saam te nooi. Hulle is weskus toe om te gaan visvang. Dit het my kaans gegee om ‘n stelsel te installer. Ek het die kameras en sonpanele goed weg gesteek.”

“En toe? Het julle die spul gevang?”

“Voor Willie terug gekom het het ons gesorg dat ‘n hele paar ton gruis in die rivier af ge laai word. Die gruis het oppervlakkig gelyk na Oranja Rivier gruis maar was eintlik verkillend. Die deskundiges sou gou kon vasstel watter gruis was ons vop gruis. Willie het ‘n paar dae lank gesuig aan daai spesiale grond en mooi hopies gemaak. Natuurlik het die kameras al die bedrywighede vasgevang. Die poliesie was baie bly om die bewyse te kry. Hulle het sommer eerste vir die helper opgelaai en hy het gesing soos ‘n Kaapse vink. Die hele spul sit nou agter tralies.”

“So… het Willie toe beter gedoen? Het dit gehelp dat die diewe nie meer sy gruis gesteel het nie? Was sy gruis iets werd in die eerste plek?”

“Ja, oë blêrrie ja! Al daai diamante in die sakkie kom uit sy gruis uit. Die polisie het baie van Willie se onverwerked gruis terug gekry en ook beslag gelê op diamante wat die skelms erken het wat uit Willie se gruis uitgekom het.”

Nellie het weer die diamante een vir een opgetel en bekyk. Sy kon die knoop f-woorde nie keer nie… haar opgewondenheid kon sy nie help nie.

“Jislaaik… dis darem ‘n mooi klomp klippies die. Het Willie hulle sommer net so vir jou gegee?”

“Nee, onthou jy, ons het ‘n ooreenkoms gemaak. Ek het gehelp met ‘n trok en sif toerusting en Willie het sy deel bygedra… daai diamante. Ons werk nou nog saam. Ek koop sy diamante en hy is tevrede want hy weet hy het amper onmiddelik geld in sy hande wanneer hy kontant nodig het.”

“Oukei Gawie… nou wonder ek weer hoe ek en die diamante bymekaar pas? Wat het jy ingedagte?”

“Jy en die diamante pas soos jy in ‘n bekini pas. Perfek. Ja, jy hoef my nie so aan te kyk nie. Julle is vir mekaar gemaak. Daai diamante en ander, wag net vir jou om hulle vir die wêreld te wys. En nou? Hoekom daai vuil kyk?”

“Jy weet… jy maak besluite sommer net so. Jy veronderstel ek sal maak nes jy sê… maar, jy praat in raaisels… jy sê baie min behalwe om my te vly… lyk my jy’s besig om my te probeer omkoop met klippies.”

‘n Heel gepasde string f-woorde herhinder vir Gawie dat al is die kaaitjie sy sussie, sy is heeltemal te lewendig om sommer net so te oortuig. Sy sal haar gang gaan in ‘n ander rigting as hy nie versigtig is nie.

“Blêrrie hel Nellie… sorrie… ek sal ophou aanneem dat jy belang stel en vergeet ons het oor diamante gepraat. Kom on drop die hele storie… ”

Nog ‘n knoop f-woorde,

“Nee… hoekaai met jou! Wie’t gesê ons moet enige iets drop? Al wat ons moet doen is sekerheid kry dat ek verstaan wat jy wil hê ek moet doen. Duidelik. Lig my van voor af in wat jy beplan. Geen meer raaisels nie. Hou op om die blink klippies as lokas te gebruik.”

Gawie skut sy kop as teken dat hy verstaan. Ja, meskien het hy haar onderskat. Sy is wakkerder as wat hy gedink het, maar… hy moes dit verwag het… sy is tog sy suster… vlees en bloed van ou Jan Mankement en ou Ellie Vatlappie… die selfde vlees en bloed as syne. Die truksvy groei op die selfde blaar as hy, dis nou maar verseeker.

“Raait… nou praat ons die selfde taal. Ek wil vir jou ‘n paar opsies offer. ‘n Paar geleenthede verduidelik. Maar, voor ons daarby kom moet ons eers oor die geld in daai tas praat. Hoeveel het jy uit Oom Esra se kluis gevat?”

Nellie kyk hom verbaas aan. Sy’t al amper vergeet van die tas en die geld.

“Glo my vry… ek het geen idee nie. Wag, ek gaan haal die tas.

“Oukei… kom kantoor toe… ons kan daar tel.”

‘n Half uur later is die tellery klaar. Die geld lê netjies in hoopies op Gawie se lessenaar. Gawie kyk vir Nellie stip aan, die tyd vir aksie het aangebreek.

“Een hondered en dertien duisend rand… ‘n mooi sommetjie. Laat ek die geld in die kluis toesluit, net ingeval die note gemerk is. As ons so maak dan borg ek jou… as jy ‘n nuwe lewe soek dan leer jy alles van die klippies. Die keuse is joune, of jy aanvaar my aanbod of jy vat die geld en waai… dink ‘n paar minute en laat my weet watter paatjie jy wil inslaan.”

***

Advertisements

About aj vosse

Love life, live love... share life... share love!
This entry was posted in Writing and tagged , , , , , , , , , , , , , . Bookmark the permalink.

13 Responses to Nellie Besluit – Is Haar Toekoms Blink?

  1. Pingback: Nellie Gaan Skool Toe – Diamant Skool | Ouch!! My back hurts!!

  2. Well done!! Sien uit om volgende te lees

    Like

  3. Toortsie says:

    Keuses keuses keuses! Oeee Nellie jy moet kophou!
    Jy skryf uitstekend.

    Liked by 1 person

  4. HesterLeyNel says:

    Dit herinner my nou aan die stories wat altyd die rondte gedoen het daar in my grootworddorp (ons het mos relatief naby die diamantdelwerye gewoon – so ±200). Die mense het altyd weet te vertelle van ou diè of ou daai wat diamante gesmokkel het en ons kinders se oë was gepunt om dit aan te hoor. Self het ek nooit ‘n ongeslypte diamant gesien nie. Ek het ook nog steeds my bedenkinge oor Gawie 😕 Welgedaan AJ.

    Liked by 1 person

    • aj vosse says:

      Dankie… ek hoop net julle raak nie verveeld met die draaie wat ek nou loop nie. Ek belowe… ek is tot my nek in die navorsing… en geniet dit gate uit! Ja… ek het baie stories gehoor in my jeug.
      My gewese skoonpa was ‘n diamant speurder op ‘n kol. Maar, ek het nie aan hom of daai stories gedink to ek met Nellie se storie begin het nie! Nellie en Gawie skryf amper self die storie!! 😉

      Liked by 1 person

  5. perdebytjie says:

    Hehe, AJ, ek dink Nellie is slimmer as haar boetie. Ek dink steeds die broer doen nie alles volgens die boek nie. Was jy al op so ‘n diamantdelwery? Dis nogal heel interessant, maar hulle hou mens met valkoë dop!

    Liked by 1 person

I value your 'likes' and comments, even though I don't always reciprocate, I care. Thanks for making the effort! God Bless!!

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.