Nellie Gaan Skool Toe – Diamant Skool

Notes/ Notas:

  • This is episode seven of my version of Nellie’s plight // hierdie is episode sewe van my weergawe van Nellie se verhaal.
  • Nellie is Hester’s creation, click here to read her first instalment and challenge // Nellie is Hester se skepping, kliek hier om haar eerste aflewering en uitdaging te lees
  • Today’s episode is the continuation of last week’s tale – my version// vandag se episode is die opvolging van laas week se verhaal – my weergawe.
  • There will be errors, please don’s shoot the messenger! // Daar sal voute wees, moet aseblief nie die drawwertjie skiet nie!

***

Nellie Gaan Skool Toe – Diamant Skool

Nellie gee hom ‘n lekker vuil kyk en los, so vir die wis en die onwis, ‘n knoop f-woorde voor sy heel erenstig raak,

“Gawie… daai geld is besmet. Ek het die hele ding goed bedink… vat jy die geld, ek en die diamante soek mekaar. Na alles wat jy my vertel het van Oom Esra en Chris se smokkel dade wonder ek oor daai geld. Is dit miskien bloedgeld? Anyway… ek wil nie my nuwe lewe begin met gesteelde geld nie… en, ek het my wraak geneem toe ek al daai fotos die huis vol gepak het.”

Die herhindering van die fotos is genoeg om hulle weer aan die lag te kry. Ja, daai fotos, hulle sal altyd vir die Viljees as ‘n nugter herinnering dien, moenie aan Nellie Visagie torring nie!

Gawie bedaar en knipoog vir Nellie,

“Baie wyse besluit… ons kan ons werksverhouding op ‘n eerlike grondslag begin. Ek sal die geld toesluit en dan praat ons oor die pad voerentoe… die toekomds… jou toekoms, ons toekoms.”

Nellie hou hom dop terwyl hy die geld in die kluis bêre. Sy wonder, hardop, wat hy sou gesê het as sy die geld gekies het?

“Wat sou jy gedoen het as ek die geld verkies het?”

“Niks juis nie… ek sou aangebied het om jou na een van die stede te laat vlieg. Kaapstad, Durbs… PE of Jo-burg, sou nie saakgemaak het vir my nie. Ek sou sorg dat iemand jou help om blyplek te soek en dan sou ek van ‘n afstand dop gehou het om te sien hoe jy regkom. Dis omtrent al.”

“En, nou? Wat nou?”

“Eenvouding… nou sorg ons ook dat jy op ‘n vliegtuig klim. Maar, die keer weet ek vooraf waarnatoe. Jy gaan Kaapstad toe, maar eers na ons meer geleer het van die klippies.”

“Wag ‘n bietjie, jy maak nou alweer die besluite vir my…”

Gawie weet sy mors. Hulle gelag help om die laaste bietie spanning te lig. Hulle weet hulle sal kan saamwerk, sonder enige misnome. Gawie beduie sy moet ‘n stoel nader trek. Hy wys na die boonste linker skerm.

“Oukei… terug klaskamer toe. Ons kan ons eerste les saam aanpak. Daarna gaan ek jou hier los. Daar is baie skakels wat jy kan volg om inligting te verkry. Basies begin alle diamant lesse met ‘n verstandhouding van die “Four C’sCut, Clarity, Colour en Carat.”

Hulle rig hulle aandag na die skerm en Gawie flits van beeld na beeld terwyl hy deur die PowerPoint aanbieding werk. Hulle bespreek die vier punte. Gawie maak notas soos hulle aangaan. Nellie se vrae gee hom ‘n idee hoe om die sessie ‘n natuurlike vloei te laat loop. Sy vra, hy soek ‘n antwoord of andwoorde…

Nellie se natuurlike nuuskierigheid en entoesiasme is verblydend. Hoe meer Gawie inligting deel en sien hoe sy die nuwe kennis indrink hoe sekerder is hy dat Nellie en die klippies vir mekaar bedoel is.

“Reg… nou dat ons daai vier konsepte verstaan… hoe sal dit klink as ek vir jou sê die eerste een is die belangrikste? Die diamant se snit beteeken dat ‘n ongeslypte steen ‘n heel nuwe lewe aanneem en dis waar ‘n klippie se waarde gemaak of gebreek word.”

Gawie wys vir Nellie fotos van die wêreld se mees bekende en beroemde diamante,

“Kyk, hier is klippe, nie klippies nie… Hope, daai pragtige blou diamant… Cullinan een en twee, in die koningin se kroonjuwele. Daai diamant is in 1905 ondek naby Pretoria en was daai tyd die grootste edelsteen op aarde. Die steen is verdeel in ‘n klomp kleiner stene… dis waar die slyper se kuns tevoorskyn kom.”

“Reg… ek dink ek het nou genoeg gepraat. Sit jy hier by die lessenaar en lees verder. Jy kan my laptop gebruuik en aanhou met die notas wat ek hier op die Word document begin het. Net so by-the-way, hoe goed is jou rekenaar kennis?”

“Oukei, nie te bright nie, daai spul het my nie juis veel toegang gegee tot tegnologie nie maar ek het my beste op skool gedoen on te leer.”

“Goed… ek sal later vir jou ‘n besigheidsrekening oop maak en jou e-pos opstel. As jy oukei is met die internet sal jy regkom met al die skakels. Lekker lees… ek is netnou terug.”

***

Twee dae later staan Nellie en Gawie kniediep in die vuil Oranja Rivier water. Nellie staan met ‘n dik geel pyp en worstel. Sy moet vasbyt vir al wat sy werd is soos die pyp heen en weer beweeg.

“Wat nou Gawie? My arms voel of hulle van my lyf af geskeur word.”

“Ek sal nou by jou oorneem… ek probeer net ‘n beter voetval kry… voor ek ommoer en versuip…”

Nellie weet nie of sy moet lag of huil nie… sy kry te seer. Nee, die diamant gesuigery is defnetief nie vir swakkelinge nie, dis nou maar verseker! Haar poging om ‘n string f-woorde aanmekaar te knoop vind geen byval nie, lyk nie eers of Gawie luister nie,

“Ek en my dom-onnosel idees… hoekom het jy ingestem dat ons kom ondervinding optel? Nou kan ek amper nie eers my eie kop optel nie!”

Gawie lag ‘n vlou laggie en vat die groot geel monster pyp by Nellie,

“Dink net, nou… elke keer as jy ‘n diamant optel, veral een van ons s’ne, sal jy wardeer waar die klippies vandaan kom.”

“Ja, ja… ja… skierlik blink hulle nie meer so mooi nie… net die idee dat ons so moes swoeg om te soek na een is genoeg om my siek te maak.”

“Oukei… gaan rus jy, ek sal vir Willie help tot hy genoeg gehad het. Om te dink… hy werk dikwils aleen… mal!”

Later daai middag kry Nellie kans om te sien hoe die gruis deursoek word. Die gruis uit die rivier word met ‘n vervoerband gereguleer om stelselmatig deur die siwwe to val. Die fyner stene val deur todat die fysnste gruis uiteindelik heel onder herwin word. Dis die finale produk wat onder ligte deursoek word. Willie en Gawie los vir Nellie om die vyngruis te deursoek. Sy krap stadig, klippie vir klippie, rond in die gruis.

“Daar’s niks hier behawe klippe nie. Daar’s nie een ou kleine blinketjie nie.”

Willie staan nader, hy en Gawie bekyk die hopie wat Nellie op die sorteertafel gemaak het. Willie krap die hopie versightig oop en begin van voor af die gruis deursoek.

“Mmmm… lyk my hier’s iets. Ja…”

“Moenie stront praat nie Willie… dis net ‘n stukkie pienkerige kwarts, of hoe Gawie?”

“Kyk mooi Nellie, kyk mooi… daar’s nog ‘n diamant tussen daai gruis. Soek… jy sal vind… as jy geduldig is.”

Die twee mans neem ‘n paar treë terug om vir Nellie ‘n blaaskansie te gee.

“Ons is netnou terug… met ‘n bier, as jy belangstel… ‘n bier vir ‘n diamant?”

Sy gee Gawie ‘n kyk… een van daai ek-weet-beter kyke wat hy nou al so gewoond geraak het aan.

“Ja… nou praat jy! Bring twee… ek sien twee mooies!”

Nellie maak weer ‘n hopie en begin van voor af, klippie vir klippie todat sy ‘n steentjie kry wat belowend lyk. Sy preuwel saggies, totaal onbewis dat die twee mans staan en dophou en luister.

“Ja, Nellie… daar’s jou eerste diamant, daarvan kan jy seker wees. Kyk mooi, sien wat maak die lig met die steen.

Sy hou die klippie teen die lig, so na aan die son as wat sy kan sonder om harself te verblind. Sy fluit saggie… en draai die steen om en om, om waar te neem hoe die lig weerkaats van die verskillende vlakke af.

“Mooi Nellie… jou eerste klippie… uit die rivier uit. Jou toekoms… en die Oranja klippie se toekoms… vir ewig saam gevleg…”

***

Advertisements

About aj vosse

Love life, live love... share life... share love!
This entry was posted in Writing and tagged , , , , , , , , , , , , , . Bookmark the permalink.

14 Responses to Nellie Gaan Skool Toe – Diamant Skool

  1. Pingback: Die Opelug Myn Klaskamer | Ouch!! My back hurts!!

  2. seegogga says:

    DIamonds are a girl’s best friends! Lyk my ou Nellie is nou op die regte plek. Of nie?

    Like

  3. perdebytjie says:

    Klink of jy al diamante gedelf het,want jy weet nogal hoe dit werk.Nellie raak nou lekker fiks met daardie suigpyp in die Oranjerivier. Jou Afrikaans verbeter met elke stuk wat jy skryf…mooi so AJ!

    Liked by 1 person

    • aj vosse says:

      Dankie… my grootste probleem is on nie my tale/ gesegdes te meng nie! Ek het so lank laas regte Afrikaans gepraat dat dit maar rof gaan met die hersienings en skrywery!

      Liked by 1 person

      • perdebytjie says:

        Ek dink jy vaar baie goed! Was Afrikaans jou moedertaal toe jy nog hier gewoon het?

        Liked by 1 person

        • aj vosse says:

          Half en half… ek het Engels skool gegaan maar my ma het aangedring dat ek Afrikaans Eerste Taal loop.
          Ek sukkel ‘n bietjie met die dyslexia (od soos ek sê – lysdexia… ) en Afrikaans lees is nie altyd te maklik nie (Engels nie veel beter nie)
          Ek praat goedgenoeg… lugmag dae was dit gewoontlik mestal Afrikaans praat maar Engels skryf… so, my skrif het gely… en moenie eers van spelling praat nie… soos ek dikwils sê… ek breek spellcheck! 😉

          Liked by 1 person

  4. HesterLeyNel says:

    Dis reg Nellie, kry die blink kant bo! Dit raak nou regtig interessant AJ.

    Liked by 1 person

  5. Toortsie says:

    Sowaar ‘n blink toekoms. Ek hoop nie sy het haar laat vang nie!

    Liked by 1 person

    • aj vosse says:

      Ons sal maar moet wag en sien… gevang deur die klippies… laat weet aseblief as julle verveeld raak met die pas, ek en Nellie beweeg so vinnag as moontlik in die Kaapse rigting… nog ‘n episode of so… 😉

      Like

I value your 'likes' and comments, even though I don't always reciprocate, I care. Thanks for making the effort! God Bless!!

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.