Die Opelug Myn Klaskamer

Notes/ Notas:

  • This is episode eight of my version of Nellie’s plight // hierdie is episode agt van my weergawe van Nellie se verhaal.
  • Nellie is Hester’s creation, click here to read her first instalment and challenge // Nellie is Hester se skepping, kliek hier om haar eerste aflewering en uitdaging te lees
  • Today’s episode is the continuation of last week’s tale – my version// vandag se episode is die opvolging van laas week se verhaal – my weergawe.
  • There will be errors, please don’s shoot the messenger! // Daar sal voute wees, moet aseblief nie die drawwertjie skiet nie!

***

Die Opelug Myn Klaskamer

“Ja Nellie… jy het jou eerste klippie gevind. Hy’s joune… steek hom weg vir daai dag wanneer jy hom nodig kry.”

“Moenie spot nie Gawie, mag ek die klippie rêrig hou?”

Sy’s so opgewonde dat sy opspring, amper die tafel omgooi en die twee mans alby ‘n soen op die wang gee.

“Jy moet pasop met al jou gesoenery, Willie kan dalk trouplanne kry…”

Shuddup Gawie… moenie idees kry nie, netnou veruil jy jou eie suster vir ‘n handvol klippies.”

Die drie lag lekker, die ontspanne atmosfeer ‘n goeie einde aan ‘n dag se harde werk. Willie stap in die rigting van die sifmasjiene, hulle volg, nuuskirig om uit te vind wat in sy kop aangaan.

“Julle wil ‘n beter idee hê hoe die hele prosess aanmekaar steek. Daai hopie gesifde gruis wat jy mee gespeel het, daai was net ‘n toetslopie. Gewoontlik is die sifproses baie meer deeglik. Sien julle hier… die boonste, growe sif… al daai gruis wat nie deur val nie… al daai gruis gaan na die breker toe.

Willie stap in die rigting van die rotsbreker. Hy stap al langs ‘n vervoerband en beduie die roete wat die growe gruis volg.

“Natuurlik loop die vervoerband wanner die sif draai. As die een stukkend is stop alles.”

Willie hou aan praat en beduie. Nellie geniet sy maklike manier van les gee. Hy praat in eenvoudige taal en antwoord haar vrae so deeglik as wat hy kan. Geen vraag is te veel moeite nie. Hy vertel hoe die gebreekte gruis weer deur die siwwe gestuur word en sodoende maak Willie seker dat geen diamant gemis word nie.

“Ons het al op kere ou gesifde gruis deur die masjiene gewerk en ‘n diamant of twee herwin. Die is ‘n langsame prosess… tydsaam, nie haastig nie.”

“Oukei, ek verstaan nou hoe julle soek na die klippies maar wat ek nie verstaan nie, is hoe julle aanhou gruis uit die rivier uit haal. Julle het sekerlik alles al uitgesuig?”

“Nee… soos die geluk dit het, het ek ‘n baie goeie stuk grond en konsessie geërf. Daar’s twee onderwater riwwe wat amper die hele rivier oorkruis, net hier waar ons werk. Waar julle vroeër in die water gestaan het… dis mooi in die middel van die twee riwwe.”

Sy arms swaai weer heen en weer. Nellie vermoed hy hou van les gee, en beslis van hulle geselskap. Sy wonder hardop, soos sy heel dikwils maak, hoekom hy so aleen hier lewe.

“Sommer… hier pla niemand nie. Ek werk ses maande van die jaar hard, in die droë seisoen… wanneer die watervlak laag is, dan kan ek die ander ses mande in die Kaap gaan lê en sleg wees… rooiwyn suip en kreef vreet.”

Nellie kyk die twee mans verward aan. Sy verstaan nog nie hoe die rivier aanhoudend gruis kan voorsien nie.

“Maar dit antwoord nog nie my vraag nie… hoekom het julle nie al lankal die gruis uitgesuig nie?

“Gawie, jy’t jou laptop hier, wys vir Nellie daai onderwater fotos wat jy geneem het.”

Gawie loop haal sy laptop in die bakkie. ‘n Paar minute later wys hy vir hulle die fotos.

“Sien… kyk hier… jy kan duidelik sien die rotsrif is stroom-op gebuig. Die twee riwwe vorm ‘n natuurlike keerwal vir enigiets wat stroom-af spoel.”

Hy wys nog fotos, een of twee wat gruis op die rivier bodem wys. Hy beduie in een lang beweeging die rigting van die watervloei.

“Elke jaar, gedurende die somer wanner dit in die binneland reën, spoel vars grond en klippe stroom-af. Ons perfek geplaasde keerwalle vang al die swaarste grond en gruis. So, volgende jaar het ons weer ‘n vars vrag om te bewerk.”

“Oukei… nou weet ek genoeg van al julle klippe gesuigery. Waar’s daai bier, julle het belowe ek kry ‘n bier as ek ‘n diamant raaksien.”

Die twee mans kyk haar verbaas aan en begin lag. Dis Gawie wat antwoord.

“Nou vat jy ‘n kaans… ons gee vir jou ‘n diamant en jy wil nog bier daarby ook hê… jy’s lastig!”

“Kom… ons gaan lapa toe, daar’s koue bier daar… en ons kan ‘n braai vuur opsteek. Loop julle solank, ek wil die masjiene aan die gang kry… die klippies sal nie vanself uit die gruis uitspring nie.”

Nellie kyk vir Gawie skeef aan, sy wonder, alweer hardop, hoe die dinge van self kan gebeur?

“Dis redelik maklik, ons het meeste van die stelsel geautomatiseer. Ons moes, Willie werk omtrent altyd aleen. Sien jy daai groot vierkantige blou hopper… dis waar die rivier gruis ingelaai word met die laaigraaf… dan word die gruis stroom gereguleer na die siwwe toe… en so voorts en so voorts.”

“Sjoe… julle het aan alles gedink… en nou hoop julle daar sal altyd gruis wees om uit die rivier te suig. Slim, baie slim.”

“Nee, nie slim nie… die geluksengeltjie is goed vir ons. Ons vermoed ons sit op ‘n ondergrondse opstapeling van gruis… ou neerleggings, ‘n natuurlike skatkis.  Terwyl ons besig was om die onderwater fotos te neem het een van die kameras verdwyn. Gelukking was die anker kabels stewig genoeg dat ons die kamara kon red. Ons toetse het aangedui dat daar baie gruis in die ondergronse grot ingeval het deur die eeue.”

Nellie skud haar kop in vebasing. Sy vermoed alles wat Gawie aandurf slaag. Weer mompel sy hardop,

The golden touch… lyk my jy’s getoor!”

Net toe kom Willie nader geloop en hoor wat Nellie sê,

“Ja… hy is getoor… dis verseker. Het hy jou al vertel van die goud?”

“Nee, watse goud?”

Nellie se nuuskurigheid is geprikkel, haar ore op hoë gereedheid… goud en diamante? Wie soek seerowers skatte as mens die twee latte het om die goed uit die rivier uit te haal?

“Ons vermoed, dat net soos diamante, goud ook afgespoel het met die vloei van die rivier… en oor die eeue in ons gaaitjie beland het. Nie baie nie… net genoeg om ons juwelierswinkels se vertoon lokale te versier.”

“Stop… te veel… heeltemal te veel inligting… my kop raak platter by die minuut. Gee my nog ‘n bier aseblief… iets vir die hoofpyn…”

Die twee mans lag, ja… miskien moet hulle haar ‘n blaaskaans gee, sy’t genoeg geswoeg vir een dag.

“Oukei, oukei… ons sal ophou met jou lesse. Môre is nog ‘n dag… en dan is dit Kaap toe, so dra daai hoop gruis bewerk is, waai ons.”

***

A quick update… Nellie will soon be heading for Capetown and more fun. Sorry it’s been mostly been about mining and diamonds along the river in the hinterland. Nellie took her own route… I must follow…

The photo is unrelated… just to leave you a splash of colour…

Advertisements

About aj vosse

Love life, live love... share life... share love!
This entry was posted in Writing and tagged , , , , , , , , , , , , , . Bookmark the permalink.

23 Responses to Die Opelug Myn Klaskamer

  1. Pingback: Kaapstad, Hier Kom Nellie | Ouch!! My back hurts!!

  2. Pingback: Benoude oomblikke – Perdebytjie se nes

  3. HesterLeyNel says:

    Ek het ook hierdie een gister gemis. Dit gebeur wanneer jy ‘n post skeduleer en die datum in jou “slug” (Permalink) is nie dieselfde as die publikasiedatum nie. Enniehoe, ek is bly om te sien Nellie woeker nog voort en daai twee manne klink na regte entrepreneurs. Ek kan nie wag om te sien hoe sy haar kennis gaan toepas nie.

    Liked by 1 person

  4. Toortsie says:

    Jou’re a genius! Well done.

    Liked by 1 person

  5. perdebytjie says:

    Hierdie verhaal het nie gister in my Reader verskyn nie, AJ. Ek het vanaf vandag se blog teruggewerk. Lyk my die ander bloggers het dit ook nie gesien nie. Miskien moet jy net seker maak dat dit wel verskyn. Hulle sal dit sekerlik nie wil mis nie

    Liked by 1 person

  6. perdebytjie says:

    Ons het ook nou baie geleer…klink beslis of jy op ‘n delwery was, AJ.

    Like

    • aj vosse says:

      Nooit nie… maar baie navorsing! Wil nog altyd diamant en goud uit ‘n rivier uitsuig!! Ek het sommer die stelsel vir Nellie uit my duim uit gesuig… my ingenieur’s brein het oortyd gewerk!

      Liked by 1 person

      • perdebytjie says:

        Ek was al op so ‘n delwery. Dis geweldig interessant en jou beskrywing is in die kol!

        Liked by 1 person

        • aj vosse says:

          Ek moet bylas… ek ken kwarries en sovoorts… ek laaik ook al daai Alaska goudmyn programme… nie laat ek meer kyk nie! 😉

          Liked by 1 person

          • perdebytjie says:

            O so, my man is ook ‘n kwarrie en mynman…gewees. Ingenieur op paaie, damme, ens. Ek verstaan baie van die goed,want hy het my altyd na die terreine gevat om te sien wat hulle doen.Mal gewees daaroor!

            Liked by 1 person

            • aj vosse says:

              Mmmm… ja, ek het agtergekom, met daai pos oor die hulp wat jou man gegee het aan daai vlukse jongman wat homself anhoudend verbeter dat daar klomp kennis daar by julle rondloop! Ons het (na my lugmag dae) my eie trokke bedryf… trane en sports! Bouers voorsien en algemene vervoer! Hier loop ons omtrent elke dag by die kwarrie verby oppad na ons gunsteling strand toe… ek stop altyd om te kyk… en waai… en ons neem aleewig fotos vir die kleinseuntjies! 😉
              Ai… daar skryf ek alweer ‘n hoofstuk!
              Die son skyn lekker hier… ons het nie kinderopas dienste vandag nie so ons sal seker weer netnou by die kwarrie verby loop… strand toe! Pasop… netnou doen ek ‘n kwarrie pos!! 😉

              Liked by 1 person

I value your 'likes' and comments, even though I don't always reciprocate, I care. Thanks for making the effort! God Bless!!

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.