Kaapstad, Hier Kom Nellie

Notes/ Notas:

  • This is episode nine of my version of Nellie’s plight // hierdie is episode nege van my weergawe van Nellie se verhaal.
  • Nellie is Hester’s creation, click here to read her first instalment and challenge // Nellie is Hester se skepping, kliek hier om haar eerste aflewering en uitdaging te lees
  • Today’s episode is the continuation of last week’s tale – my version// vandag se episode is die opvolging van laas week se verhaal – my weergawe.
  • There will be errors, please don’s shoot the messenger! // Daar sal voute wees, moet aseblief nie die drawwertjie skiet nie!

***

Kaapstad, hier kom Nellie

“Oww… eina, my arme lyf. My arms voel of hulle wil afval… my kuite en hammies… ek weet wat om in die toekoms te doen as ek iemand wil martel!”

“Swak Nellie, dis baie baie swak van ‘n plaas meisie soos jy om so te sukkel. Ons verwag beter van jou. In die besigheid is daar nie plek vir swakkelinge nie… ons sal…”

Nellie se string f-woorde sny hom in midde-sin kort… grap of nie ‘n grap nie, sy gaan nie toelaat dat Gawie met haar mors terwyl sy voel of sy deur ‘n klein wêreld oorlog gegaan het nie. So fiks soos wat sy gedink het sy was so seer is sy na al daai pypworsteling.

“Weet julle, ek dink ons kan ‘n buitelug terapie kliniek hier oop maak… dink net hoeveel ryk snobs kan hier van hulle frustrasies kom ontsla raak. Lekker vet pret.”

“Slim plan… ons laat hulle betaal om die harde werk kom doen!”

“Goed, gaaf julle twee… daar’s werk om te doen voor ons Kaap toe. Ek beter die masjiene aan die gang kry. Gawie, sal jy en Nellie so elke nou en dan die fyngruis verwyder, dan hoef ek nie die proses te onderbreek nie. Oukei?”

“Met plesier… ons kan so lank begin sorteer ook… hoe meer blootstelling Nellie kry hoe beter vir ons almal.”

Hulle hou dop hoe Willie te werk gaan. Hy hou die hopper goed gevoer met riviergruis. Die groot blou honger mond bly sluk alles wat hy ingooi. Die hopper se geskud breek die klonte en verseeker ‘n eenvormige verspreiding van gruis na die siwwe. Hulle hou dop hoe die finale fyngruis opbou onder die onderste sif. Gawie gebruik ‘n houtspaan om die gruis in emmers te skraap. Hulle dra die emmers na die sorteer werkstasie en plaas ‘n gedeelte van die eerste emmer se inhout op die oppervlakte.

“Reg Nellie… sit, rus jou seer bene en begin sorteer. Maak seker jy gooi alle gesorteerde gruis in die rooi emmers. Die proses herhaal homself ‘n paar keer… hoe meer pare oë hoe beter. Jy oukei? Gebruik daai skoppie om vars grius uit die emmer te skep…”

Nellie sug van verligting toe sy op die stoel neersak. Sy begin stadig die fyngruis deurwerk.

“En wat maak ek met diamante of klippie wat ek nie seker oor is nie?”

Gawie wys na ‘n gaatjie in die booste hoek van die sorteer tafel,

“Jy gooi die diamante daar in…”

Nellie buk om te sien wat onder die tafel aangaan. Sy sien ‘n bottel vasgeskroef aan die tafel.

“Oukei… ek verstaan. Mag ek nog iets vra, seblief?”

“Natuurlik… hoe meer jy vra hoe beter vir ons almal. Ons leer saam met jou, of ons doen hersiening, wat ook goed is.”

“Gister het Willie ‘n stukkie pienk kwarts ook eenkant gesit. Hoekom?”

“Aha, goeie vraag. Daar’s meer as een antwoord wat ek jou kan gee. Die eerste, makliker een… dit is net ‘n stukkie pienk kwatrs. Maar, die beter opsie, dis ‘n stukkie diamant wat afgeskilfer het van ‘n massiewe pienk diamant. Ons hou alle sulke skulfers… en bly hoop!”

“Oe-hoe… ek sal nou eers hard soek! ‘n Pienke… tog te pragtig!”

“Lekker soek… maak net seker jy mis nie geen van die ou gewones nie. Ek sal gaan kyk hoe lyk ons sifhopie… gaan jy aan hier.”

***

“Dis ‘n lang pad Kaap toe agter in ‘n bakkie. Moenie dink julle twee gaan my maak die hele pad alleen op daai nou agtersitplek sit nie.”

“Nee, moenie warrie nie… ons sal beurte maak. Jy weet goed my bakkie is gemaklik. Jy kan bed opmaak op die agtersitplek en lekker slaap.”

“Wag net so ‘n bietjie Gawie… jy’t my ‘n vlug Kaap toe belowe… nou moet ek bakkie ry. Jy’t my bedrieg!”

“Oh well, dis nou maar hoe die lewe gaan. Ons moet die keer bakkie ry… al daai fyngruis wat nog moet bewerk word moet saam. Die keer moet jou gemak agter in die tou staan.”

Willie en Gawie kyk haar skeef aan, asof hulle hierdie plan met opset gemaak het om haar lewe moeilik te maak. Hulle laai die emmers agter op die bak. Daarna laai hulle die tasse, sluit alles toe en loop een laaste draai om te sorg alles is veilig. Gawie toets elke kamera en sender, om seker te maak die hele toesig stelsel werk behoorlik.

“Goed, nou kan ons pad vat… Kaapstad, hier kom ons.”

“Oukei… kom ons waai! Ek kan nie meer wag nie… my eerste keer in die Kaap!”

Nellie se opgewonde gebabbel is aansteeklik. Die twee mans lag en gesels terselwede tyd. Niemand kan ‘n woord uitmaak nie. So ry hulle tot by die buiteste plaashek… skerts, skerts en vol grappe.

“Waarheen in die Kaap gaan ons? Julle sal my nog lesse moet gee, veral as ons daar kom. Ek wil nie julle plattelandse idieot wees nie. Al daai stadsjapies sal vir my lag.”

“Bloubergstrand… dis waar ons gaan bly. Willie se strand huis is oor die straat van waar ons beplan om ons diamant boetiek te vestig.”

“Wat! Julle het ‘n boetiek? Lekker… gaan ek julle daar help?”

“Kalmeer Nellie, jy spring so op en af ek sukkel om die bakkie in die pad te hou!”

Sorrie… ek’s erger as ‘n kind in a lekkergoedwinkel. Al die goed wat julle my vertel maak my opgewonde… onthou… dis my blink nuwe lewe wat julle my aan voorstel! Julle sal my seker ‘n bietjie opgewondenheid toelaat?”

Willie knipoog vir Gawie en neem die terggees leisels op,

“Ja Nellie… ons gaan jou vet voer en dan slag! Dink net… jy sluk nou alles vir soetkoek. Wat as ons eintlik vir jou ‘n stroom poepe voer?”

Die twee mans lag, hulle lag lekker en arme Nellie weet nie meer watter kand toe nie. Wat moet sy nou glo?

“Moenie komkommer nie Nellie, ons sal jou mooi oppas. Anyway, dink jy vir een oomblik jou eie broer, jou eie vlees en bloed, sal jou na die leews to lei? Nee, ek dink jy gaan dit nogal geniet om met ons saam te werk. Baie pret en net so nou en dan harde werk, dis hoe die werksetiek by die boetiek aanmekaar gegooi is.”

Nellie sit tjoepstil en wonder oor alles wat gesê word. Dis skaars ‘twee weke vandat sy ontsnap het uit die Viljees se tronk met die oop deure en nou sit sy hier in ‘n bakkie, oppad Kaap toe, en wonder wat die lewe vir haar gaan opdis? Sy wonder hardop, so met ‘n paar f-woorde ingegooi, vir effek.

***

Do return next week… the fun in the Cape begins, promise! As always, the photo is not related but is added for the splash of colour… maybe there’s a subliminal clue in there somewhere…

Advertisements

About aj vosse

Love life, live love... share life... share love!
This entry was posted in Fiction, Travel, Writing and tagged , , , , , , , , , , . Bookmark the permalink.

10 Responses to Kaapstad, Hier Kom Nellie

  1. Pingback: Nellie en die Fotosessie | Ouch!! My back hurts!!

  2. HesterLeyNel says:

    Mooi foto! Dit klink asof Nellie al hoe meer uit haar dop kruip en haar avontuurlike sy begin wys.

    Liked by 1 person

  3. perdebytjie says:

    Nou is ek lekker nuuskierig!

    Liked by 1 person

    • aj vosse says:

      Jammer Nellie het so ‘n bietjie gedraai daar bo by die Oranja rivier… sy wou nie laat ek vinniger die storie vertel nie… onthou, sy kruip nog so ‘n bietjoe weg ook vir die Viljees! 😉

      Liked by 1 person

  4. Toortsie says:

    Oelala! Hier kom ‘n ding!

    Liked by 1 person

I value your 'likes' and comments, even though I don't always reciprocate, I care. Thanks for making the effort! God Bless!!

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.