Nellie en die Fotosessie

Notes/ Notas:

  • This is episode ten of my version of Nellie’s plight // hierdie is episode tien van my weergawe van Nellie se verhaal.
  • Nellie is Hester’s creation, click here to read her first instalment and challenge // Nellie is Hester se skepping, kliek hier om haar eerste aflewering en uitdaging te lees
  • Today’s episode is the continuation of last week’s tale – my version// vandag se episode is die opvolging van laas week se verhaal – my weergawe.
  • There will be errors, please don’s shoot the messenger! // Daar sal voute wees, moet aseblief nie die drawwertjie skiet nie!

***

Nellie en die Fotosessie

Die knoop f-woorde is genoeg om Olivia se aandag onmiddelik te trek.

“What’s wrong now Nellie, dear?”

Olivia kyk om… om te sien wat Nellie pla. Al wat sy sien is die pragtige, amper naak lyf teen die swart agtergrond.

“Die brandsiek werfhoender wil hê ek moet my pantie ook uittrek. Hy kan himself loop bevrug.”

“It’s only for the photos darling… you have nothing to worry about, he’s not interested in you, I made sure of that when we hired him. Had to promise Gawie…”

Nellie brom, net hard genoeg dat almal in die omtrek duidelik kan hoor,

Darling jouself… ek loop nie naak rond vir niemand nie… en ek is nie jou darling nie.”

“Lance, what’s she on about?”

Die keer is dit die fotograaf wat Olivia se onmin moet ontduur.

“She’s not charmed… about you calling her darling… or about undressing in front of me. Have you told her I’m gay? She’s safe…”

Olivia proes… sy kan haar lag skaars hou,

“Darling… with a body like that I’d also be wary… she has enough on offer to turn you straight… or drive me crooked, that’s for sure!”

Nellie staan en staar die twee aan terwyl hulle staan en lag soos giggelinde bakvissies. Sy gee hulle altwee ‘n vuil kyk en laat los weer ‘n knoop swertse. Wat ‘n tyd het sy oorleef met hierdie twee irke… die een meer lastig as die ander. Babbel, babble kerm en kla… dis siende al wat hulle goed kan doen.

“You two, what must I do now? I wore skin-toned underwear… like you told me to do… take your photos, I’m not taking more off!”

Nellie wonder, hoekom het sy ingestem om die modesfotos te laat neem? Sy bedink haarself. Die eerste skote het goed gelyk en hulle sou later in die dag klaarmaak met die sessie. Dan kan sy haar gang gaan en vergeet van die twee miskruiers. Sy is so ingedagte dat sy nie hoor toe Olivia haar heet nie,

“Darling, I’m calling! Come… we get Lance to take a few more shots of you and that necklace. I’ve never seen anything quite so striking… not even the 1920 originals of Louise Brooks and the pearls** are a match. The diamonds are making great starbursts. Lance is really capturing the moments perfectly.”

Ja… selfs sy moet saamstem… Lance weet hoe om die beste uit haar en die diamant halssnoer te kry. Die plan was om die fotos in swart en wit te ontwikkel… behalwe die diamante se lig weerkaatsings en ster hoogtepunte. Hy is veral opgewonde oor die reënboog patroon effekte teen die donker kontras.

Draai die kant toe, rug gebuig… kop terug. Die Lance vent en Olivia hiet en gebied maar sy besef hulle neem al die fotos so smaakvol dat sy nie hoef bekomerd te wees dat sy blootgestel sal word aan die geringste kaans van naaktheid nie.

Gorgeous darling… hoor sy Lance mompel. Hy weet wat hot is, al stel hy nie belang nie. Miskien is dit vir Olivia wat sy moet voor liggies loop. Dit lyk of die vroumens sukkel om haar hande tuis te hou. Blêrrie mode wêreld… mens moet ten alle tye op mens se pasoppens wees!

Nellie waarsku haarself… die gevaar kom van alle kante af… oop-oog Nellie, jy moet hierdie spul lekker koekeloer! Sy sien Olivia aan gesweef kom… asof sy op haar eie wolkie vervoer word.

“Sweety… Gawie told us you were some piece of shite… beutiful he said, but trouble. So, just let’s get this shoot done… panty or no panty. Promise… I’ve also got one of those things you’re trying to hide… and I’ve seen many more, so has Lance. He’s most likely seen many more naked men than you ever will…”

Nellie skud haar kop, die vuil vroumens klink erger as ‘n straatteef op hitte. Verdomp, hoekom het Gawie haar in die lokval in gelei? Sy voel ‘n koue rilling teen haar rug uit hardloop… sterk bly Nellie, sterk bly… moenie laat hierdie twee skepsels jou spoed breek nie!

Nou’s dit Lance se beurt om te gil soos ‘n viswyf,

“Darling… will you get away from Olivia, it’s not the time for you to chat her up… we have photos to take. Move over here… against the black screen. Swing those diamonds… I’m trying to get the starbursts… swing… yes, now you’re getting there, swing… more!”

Nellie swaai… sy swaai die diamant halsnoer dat sy amper omval van duiseligheid… swaai, swaai… swaai in jou moer in, dink sy soos sy tol.

“Perfect darling… one more go… then you can put all your clothes back on.”

Dankie tog, sy kannie wag om van die twee te ontsnap nie.

“Sweety… don’t you want to join us for a few drinks after the shoot… just across the road? We could introduce you to some of the peeps who could help make you a star…”

Nellie moet haarself keer, sy is lus om vir Olivia ‘n vet klap te gee maar sy reken die trêmp sal dit dalk geniet. Sy lyk juis soos ‘n brandsiek jakkals wyfie wat haar loopruimpte merk… ‘n pisdruppeltjie hier… ‘n pisdruppeltjie daar.

Nellie voel dis heel gepas om die twee te los met ‘n sterk knoop f-woorde… wat so hier en daar ‘n paar van hulle lyfdele insluit, vir die wis,

“Good golly Oli… seems even your flat chest gets a mention… she’s observant, our lil dustdragon!”

“Jy kan ook maar jou bêk hou Lance Groenewald… boerseuntjie wat hier op en af paradeer soos ‘n stoetkoei… skaam jou!”

Lance maak of hy haar nie hoor nie, hy staan gehurk oor sy laptop, druk besig om die fotos te laai en verbeter.

“Nellie, come look… you’re stunning!”

Hy sing amper van opgewondenheid. Olivia kom ook nader om die resultate te bekyk.

“The photos better be good Lance, otherwise Gawie will chase us both into the sea… you know that!”

“Oli… they’re not good… they’re stunning… this lil dustdragon of ours makes a great model, that’s for sure! Pity I couldn’t sneak a few nudes… make a few extras on the side…”

“Waag jy dit net boetjie… ek sny jou knaters uit met ‘n stomp saaglem… by gesê… as jy nog sulke goed het!”

Nelllie is so effens verward, lus om vir Lance te klap… maar, sy hou noggal van die nuwe bynaam. Dustdragon… ja, dit betaam ‘n dame uit die dorre stof streke van nêrens om geseënd te wees met so ‘n prag naam.

Haar toekoms is blink… sy, die oulikste stofdraakie op aarde, gaan vir die spul, en die res van die wêreld wys wat Nellie Visagie kan vermag… klippies of nie!

***

** Please have a look at the link… to get an idea what friend Lance was on about…

PS – Once again… the photo is for decoration only…

PPS – Remember… I’m still looking for questions for the Q&A Storyteller’s page… thanks!

Advertisements

About aj vosse

Love life, live love... share life... share love!
This entry was posted in Fiction, Writing and tagged , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , . Bookmark the permalink.

7 Responses to Nellie en die Fotosessie

  1. Pingback: Nellie en Ruff Ridge Rokz | Ouch!! My back hurts!!

  2. perdebytjie says:

    Nellie speel met vuur, maar ek dink tog sy sal haar man kan staan!

    Liked by 1 person

  3. Sjoe, Nellie trek darem nou baie ver van Petrusburg af in die groot, gevaarlike wêreld!

    Liked by 1 person

  4. HesterLeyNel says:

    Wow! Laat ek gou eers my sakdoekie vol oliekolonie gooi en vir Nellie koudwaai – sy’s smoking hot. Ek neem haar nie kwalik dat sy so effe ongemaklik voel nie, maar kan ook nie wag om te sien waarheen hierdie storie op pad is nie.

    Liked by 1 person

Leave a Reply to aj vosse Cancel reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.