Nellie en Ruff Ridge Rokz

Notes/ Notas:

  • This is episode eleven of my version of Nellie’s plight // hierdie is episode elf van my weergawe van Nellie se verhaal.
  • Nellie is Hester’s creation, click here to read her first instalment and challenge // Nellie is Hester se skepping, kliek hier om haar eerste aflewering en uitdaging te lees
  • Today’s episode is the continuation of last week’s tale – my version// vandag se episode is die opvolging van laas week se verhaal – my weergawe.
  • There will be errors, please don’t shoot the messenger! // Daar sal voute wees, moet aseblief nie die drawwertjie skiet nie!

***

Nellie en Ruff Ridge Rokz

“Sjoe… dit was ‘n belewenis en ‘n half! Ek, die agter-die-klip meisie van die diep en donkere wildernis ontmoet daai twee!”

Gawie gee haar ‘n half verlee kyk. Hy trek sy skouers op en doen sy beste om ‘n onskuldige glimlag op te tower,

“Ons het verwag jy sou hulle amusant vind… maar, ons wou jou nie vooraf waarsku nie. Jy moet gewoont raak aan die klas van bollie as jy in díé besigheid ‘n wenner wil word.”

“Wat bedoel jy? Gewoont raak aan die bollie? Dis g’n bollie nie… dis sommer ‘n pot stront!”

Net toe kom Willie in die kombuis in geloop. Hy is vinnig om die storie verder te voer.

“Wat se pot stront praat julle nou van? Wie’t wat gekook? So van kook gepraad… my maag dink my keel is afgesny… ek soek kos.”

Hy stap by hulle verby, reguit yskas toe en begin rondkrap, op soek na iets of annmekaar te gooi vir ondbyt.

“Mmm… eiers, lekker duk wors, spek… hier’s genoeg om ons derms lekker vol te stop voor ons die pad vat.”

Nellie is nie te bly om dit te hoor nie, sy kyk vir Gawie vraend aan,

“Ag nee… ons het skaars in die Kaap voet gesit en nou wil julle my alweer hier weg sleep. Hoe nou? Wat het ek verkeerd gedoen? Ek het nog nie herstel na gister se fotosessie nie… en, waarin wil julle twee my nou dompel?”

“Vandag, my liewe Nellie, word jy aan ‘n paar baie belagrike mense voorgestel. Eenvoudig… ons het gister ‘n paar van jou fotos vrygestel… en dit lyk vir ons asof jy ster kwaliteite besit. Daar’s ‘n paar mense wat jou graag wil ontmoet.

Willie en Gawie los Nellie om van haar vet knoop f-woorde ontslae te raak. Hulle grinnik vir mekaar. Wat anders kon hulle verwag het?

“Julle twee bliksems sê my niks nie… ek loop toeoog van lokval na lokval. Wanneer gaan ek ook ‘n paar oomblikke geken word in die planne? Oukei… ek werk vir julle… maar ek is nie julle slaaf nie, is ek?”

Gawie is vinnig om te reageer. Hy kyk Nellie stip aan,

“Nellie… die vinnigste wat ons jou kan laat leer is om jou by die diepkant in te stamp. So ver doen jy glad nie te sleg nie.

Nellie gee hulle ‘n vuil kyk en las nog ‘n paar f-woorde by, vasberade dat hulle haar nie gaan onder kry nie.

“Ek het leer swem in die Oranja Rivier… gelukkig is daar nie kroedille of seekoeie daar nie! Maar… soos julle twee aangaan dink ek daar loop tweebeen haaie daar rond!”

Willie hou op met kosmaak en draai weg van die stoof af om haar in die oë te kyk,

“Nellie, ek dink jy wys elke keer jy kan kers vashou saam met die bestes! Ons gooi die stront en jy vind maniere om dit in bemesting te verander. Oukei… voor ons verder gaan, laat ek klaarmaak met die ontbyt… dan eet ons en daarna gaan wys ons vir jou ‘n paar interessante dinge. Raait so?”

“Ek weet nie meer wat om van julle te verwag nie… maar, raait so, vir nou.”

Nellie besluit sy sal haar bek hou, ten minste terwyl hulle eet. Dan sal sy besluit hoe om hulle aan te pak, na hulle vir haar die interessante dinge gewys het. Sy sit, half dikbek, en wonder wat volgende gaan gebeur. As hulle haar veel meer kak gee loop sy weg, waarheen het sy nie die vaagste idee nie.

“Raait Nellie, jou maagie nou vol? Kom on gaan wys vir jou die winkel.”

Gawie en Willie loop by die voordeur uit en wag vir Nellie om the volg. Hulle loop oor die straat en in by die winkelsentrum se hoof deure in. Nellie volg hulle in die hysbak in en weer uit op die boonste vloer. Sy volg, tot by ‘n geslote deur met ‘n eenvoudige logo van Tafelberg en die drie letters RRR bo oor die logo gedruk.

“Welkom by ons kleine koningkrykie… hier hoop ons jy vind ‘n toekoms om oor trots te wees!”

Willie sukkel met die slotte en maak uituindelik die deur oop. Gawie wag dat hy ingaan om die alarmstelsel af te skakel. Toe eers maak hy die deur wyd genoeg oop vir hy en Nellie om in te loop. Hy wag dat die deur agter hulle toegaan voor hy die ligte aanskakel. Hulle oë neem ‘n paar sekondes om aantepas maar toe verstaan Nellie waaroor dit alles gaan.

“Wow julle! Dis fantasties! Nooit, ooit, sou ek kon droom wat ek nou hier sien nie!”

Sy gooi haar arms om altwee se nekke en trek hulle nader, terwyl sy soene uitdeel as of haar lewe daarvan afhang.

“Stop Nellie… jy besmeer ons al jou kieme!”

Willie bloos bloedrooi en Gawie lag… lanklaas het hulle iemand so opgewonde gesien! Hulle al drie staan terug en kyk na die massiewe vloer to plafon beeld wat die hele muur oppervlakte bedek. Nellie snak half naar haar asem,

“Wow… dis stunning!”

“Ja Nellie, nou weet jy hoekom ons so te werk gegaan het. Ons wou die verassing geheim hou todat alles gereël was en die winkel opknapping voltooi was… met daai prent as die middelpunt.”

“Welkom onse Dustdragon… jy’s nou die gesig van Ruff Ridge Rokz… ons drie se diamant winkel hier in die Kaap!”

“Maar hoe? Daai foto is fantasties… dis een van daai wat Lance geneem het maar daar’s Tafelberg in die agtergrond en dit lyk of ek op die strand staan.”

“Ja Nellie, Lance het getoor met al sy fotos. Kom kyk hier…”

Gawie loop na ‘n muur gordyne en soek agter een na ‘n knoppie. Hy druk en die gordyne maak oop, om ‘n glasmuur te ontbloot. Sy sien wat die gordyne weg gesteek het… daai skouspelagtige panorama van Tafelberg en Kaapstad in die verte.

“Wow! Nou verstaan ek dit ook! Maar, wat ek nie verstaan nie… julle het seker nie die winkel aangeskaf net toe ek op die toeneel verskyn het nie?”

“Nee Nellie, ons het die winkel nou al amper ‘n jaar maar ons het gesukkel om ‘n tema te vind… today jy met daai lyf van jou by die swembad tevoorskyn gekom het. Dit het my laat dink aan daai 1920’s beelde van Louise Brooks en die pêrels.”

Nellie kyk hom verbaas aan, sy sukkel vir woorde maar uiteindelik stotter sy,

“En… en jy… maak toe al die planne… so sonder dat ek enigiets agterkom?”

“Nee, darem nie al die planne nie. Ek kon jou nie juis veel vertel het nie, dat ek en Willie al jare lank saam werk nie, dat ons die winkel probeer aan die gang kry nie… dat Willie halfte van die jaar hier onder in Blouberg bly nie… spesifiek omdat ons Tafelberg as ons logo wil gebruik nie… omdat die beeld die hele wêleld geken word.”

Gawie sluk, sy keel is droog van al die praat. Hy stap agter die toonbank in en buk by die klein yskassie en kom te voorskyn met ‘n bottle vonkelwyn. Hy buk weer en kry die glase wat hy op die toonbank neersit, terwyl Willie die wyn oop en begin skink.

Nellie staan en staar na die massiewe prent. Dis sy… haar volle lyf… bene en arms in ‘n rondomtalie draai geswaai… die diamant halsnoer vlieg in een rigting en haar hare in die ander. Lance het haar pantie swart ingekleur… haar bikini. Haar hare steek meeste van haar gesig en borste weg. So ‘n smaaklike treffer van ‘n foto teen die agtergrond van Tafelberg! Sy hoor skaars toe Willie roep vir die heildronk.

“Gesondheid Nellie… jy’s nou die beeld van Ruff Ridge Rokz… ons eie stofdraakie… ons wenner! Maar… ons moenie te lank hier draai nie, onthou… daar is mense wat jou wil ontmoet!”

About aj vosse

Love life, live love... share life... share love!
This entry was posted in Fiction, Travel, Writing and tagged , , , , , , , , . Bookmark the permalink.

2 Responses to Nellie en Ruff Ridge Rokz

  1. HesterLeyNel says:

    A Nellie, ek het geweet sy is uitgeknip vir groot dinge.Ek hoop darem dat sy nie net die gesig en die lyf gaan wees vir RRR nie, maar dat haar breinselle ook ingespan gaan word. Uitstekend Storieman!

    Liked by 1 person

I value your 'likes' and comments, even though I don't always reciprocate, I care. Thanks for making the effort! God Bless!!

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.